Verskil tussen weergawes van "George Murray Pellissier"

Rescuing 0 sources and tagging 2 as dead.) #IABot (v2.0.8
k (Geboorte- en sterftejaarkategorieë bygevoeg)
(Rescuing 0 sources and tagging 2 as dead.) #IABot (v2.0.8)
 
[[Beeld:George Pelissier.jpg|duimnael|regs|190px|Prof. Pellissier.]]
 
'''George Murray Pellissier''' ([[Bethulie]], [[7 Maart]] [[1881]] – [[5 Maart]] [[1954]]) was ’n predikant in die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] en later hoogleraar aan die teologiese fakulteit van die [[Universiteit van Pretoria]]. Dié universiteit ken op [[10 April]] [[1948]] 'n eredoktorsgraad (D.D.) aan hom toe, slegs die 21ste eredoktorsgraad wat die U.P. toegeken het sedert genl. [[Jan Smuts]] in 1930 die eerste ontvanger van so 'n eerbewys was.<ref>[http://web.up.ac.za/yearbooks/Institutional_info_Complete_2007.pdf Lys ontvangers van eredoktersgrade aan die U.P.]{{Dooie skakel|date=Augustus 2021 |bot=InternetArchiveBot |fix-attempted=yes }}</ref>
 
== Agtergrond en opleiding ==
 
== Eerste gemeente ==
Terwyl hy nog in [[Londen]] was, beroep die [[NG gemeente Pietermaritzburg]], die sogenaamde Voortrekkergemeente, hom. Hy aanvaar die beroep en neem die herderstaf daar op met sy terugkeer na Suid-Afrika. In [[Pietermaritzburg]] het Pellissier gou betrokke geraak by die Afrikaners daar se kultuurstrewe. Die kerkie wat die Voortrekkers in 1839 gebou het toe [[Pietermaritzburg]] pas as Natalse hoofstad aangelê is en wat bedoel was as die eerste paaiement in die nakoming van die Gelofte, het onderaan Markplein gestaan, maar van 1861 is dit nie meer as ’n kerk gebruik nie nadat ’n nuwe kerk naasaan gebou is. Dit het eers ’n skool geword en is in 1874 verkoop.<ref>[http://www.pmbhistory.co.za/?showcontent&global[_id]=156 Die geskiedenis van Pietermaritzburg]{{Dooie skakel|date=Augustus 2021 |bot=InternetArchiveBot |fix-attempted=yes }}</ref> Adv. Jansen het dit gesien as ’n aptekerswinkel en as deel van ’n smidswinkel voor oorname in 1909 en elke Sondag op pad na Pellissier se kerk toe het dit hom onaangenaam getref hoe hierdie geskiedkundige gebou aan verwaarlosing prysgegee is. Pellissier en adv. Jansen het hulle vir die terugkoop en herstel daarvan beywer, bygestaan deur ’n komitee waarvan Jansen die sekretaris was en wat op Pellissier se aandrang in 1908 gestig is. Die komitee moes kyk hoe die kerk van algehele verval gered kon word en teruggekoop word vir die volk van Suid-Afrika en as blywende gedenkwaardigheid ingerig kon word. Op [[16 Desember]] [[1912]] is die kerkie toe op indrukwekkende wyse as Voortrekkermuseum in gebruik geneem. Die museum is later aan die staat oorgedra. Tot aan sy dood was adv. Jansen ere-voorsitter van die raad. Die raad het sy Julievergaderings altyd so gereël dat dit saamval met die winterverblyf van die goewerneur-generaal in Natal sodat hy die byeenkoms self kon lei.
 
== Latere gemeentes en hoogleraarskap ==
19 507

wysigings