Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Bethanie"

Rescuing 0 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8
kNo edit summary
(Rescuing 0 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8)
 
Afrikaanssprekendes het hulle eers in die twintigerjare van die vorige eeu in die gebied rondom die dorpie [[Bethanie]] kom vestig. Bearbeiding deur leraars van die NG Kerk het maar langsaam gekom, want in die noorde en middel van die destydse [[Suidwes-Afrika]] is reeds in 1902 die [[NG gemeente Otjiwarongo]] en [[NG gemeente Mariental|NG gemeente Gibeon]] gestig, maar in die suide eers in 1924 die [[NG gemeente Keetmanshoop]] en in 1928 die [[NG gemeente Warmbad]], weens 'n tekort aan leraars. Keetmanshoop het aanvanklik bestaan uit die huidige [[Keetmanshoop]], [[Bethanie]] en [[Lüderitz]], wat oor 'n geweldige gebied van anderkant Aroab tot by [[Lüderitz]] gestrek het, amper 650 km van oos na wes, waarvan groot dele moeilik was om te bereis.
 
Die baanbrekers vir die kerk in die suide van die huidige [[Namibië]] was manne soos di. Manie Potgieter (1925) en S. Fouche (1931), wat die moeilike werk op hulle geneem het. Laasgenoemde het begin met die afstigting van die gemeente Bethanie (Lüderitz), wat toe in 1938 vir ds. M.C. Hattingh as leraar kry. Dit is ook die stigtingsjaar van die gemeente.<ref>[http://www.ngkerk.org.za/namibie/gemeentes_body.asp?gemeente_id=5 NG Kerk in Namibië]{{Dooie skakel|date=Augustus 2021 |bot=InternetArchiveBot |fix-attempted=yes }}</ref>
 
Die uitgestrektheid van die gemeente was so dat dit moeilik was om te besluit waar die [[pastorie]] sou staan. Die pastoriegebou op Bethanie, die beste wat hulle kon kry, was nie doeltreffend nie, maar die leraar moes eers wag totdat 'n gerieflike kerksaal op Bethanie en op Aus opgerig is. Op albei plekke is 'n huis as pastorie gehuur en op Aus is later een gekoop. Ook is besluit om 'n saal op Lüderitz te bou, maar daarmee is uitgestel. Op [[28 September]] [[1940]] wy ds. Hattingh 'n ruim, gerieflike kerksaal op Bethanie in, wat £3&nbsp;500 gekos het. Op Aus is 'n saal gehuur en op Lüderitz is van die Duitse kerk gebruik gemaak. Kerkraadsvergaderings is om die beurt op Bethanie, Aus en Lüderitz gehou.
19 507

wysigings