Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Kuruman"

Rescuing 1 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.8
(→‎Stigting: Skakel)
(Rescuing 1 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.8)
 
So is ds. Hofmeyr eindelik weer in 'n gemeente as herder en leraar bevestig, naamlik op [[21 April]] [[1928]], agt dae ná sy 74ste verjaardag. Ten spyte van sy hoë ouderdom kon hy die jongmense besiel en kom daar 'n kentering onder die jeug van Kuruman. Hy was altyd 'n uitsonderlik prediker en kon selfs op dié hoë ouderdom nog altyd die Woord met krag en mening bring. Van der Merwe skryf: "Sy buitengewone welsprekendheid en die gawe om mense te boei, het jonk en oud meegevoer … Hy was 'n man met 'n indrukwekkende voorkoms en innemende geaardheid."
 
Van ds. Hofmeyr getuig die matrieks van 2006, dekades nadat hy daar predikant was, op ’n webtuiste: "Op 21 Mei 1928 word die 74-jarige ds. A.L.J. Hofmeyr herder en leeraar op Kuruman, iemand met ’n dinamiese werkkrag en ’n besieling vir die jeug. Hy gee baie aandag aan albei skole, sy buitengewone welsprekendheid en die gawe om mense te boei, het jonk en oud meegevoer. Hy was besonder musikaal en het gewoonlik ’n opvoubare orreltjie saamgery en musiek vir die kinders gemaak. Ds. Adriaan Hofmeyr skryf en toonset ’n skoollied wat met die eeuwenteling nog deur Laerskool Seodin en Hoërskool Kalahari gebruik word. Hierdie skoollied met sy onsterflike woorde bring altyd ’n knop in die keel, dit bind steeds leerlinge en oud-leerlinge oor die land saam aan Seodin."<ref>[httphttps://archive.is/20130422151936/matrix2006.tripod.com/info.htm Hoërskool Kalahari Matrieks 2006].</ref>
 
Enkele weke ná ds. Hofmeyr se bevestiging op Kuruman, het ds. D.J. le R. Marchand ná 19 jaar op 'n kerkraadsvergadering op Prins Albert bekendgemaak dat hy wil aftree. Hy ontvang sy emeritaat op [[28 Julie]] [[1928]] en tydens die gevolglike vakature bring die kerkraad vyf beroepe uit. Vier keer verskyn die naam van 'n geliefde oudleraar van Prins Albert op die groslys, naamlik dié van ds. A.J.L. Hofmeyr. Ná meer as drie dekades is dié indrukwekkende dominee nog nie deur sy ou gemeente, waar hy deurentyd ten spyte van teëspoed 'n goeie verhouding met sy kerkraad gehandhaaf het, vergeet nie, selfs al was hy toe al 74 jaar oud. Op die vyfde beroepsvergadering haal ds. Hofmeyr die tweetal saam met ds. J.S. Theron van [[NG gemeente Pretoria-Wes|Pretoria-Wes]] en in die stemmery verloor hy met 15 stemme teen ds. Theron se 28.<ref>Botes, P.J. en M. 1992. ''Gemeente onder die Swartberg. Geskiedenis van die Ned Geref Kerk Prins Albert 1842–1992''. Prins Albert: Kerkraad.</ref>
19 507

wysigings