Verskil tussen weergawes van "Pous Julius II"

79 grepe bygevoeg ,  1 maand gelede
Rescuing 0 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8
(Verbeter)
(Rescuing 0 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8)
 
Op [[10 Desember]] [[1508]] sluit Julius 'n verbond met die Franse koning Lodewyk XII, die Duitse keiser Maximiliaan I en Ferdinand II koning van Aragon. Die verbond staan bekend as die Heilige Liga of as die Verbond van Cambrai (Kamerijk in Nederlands).
 
Die liga se troepe maak oorlog teen Venesië. Julius begeer die Venesiese gebied in Romagna, Maximiliaan wou Friuli hê, Lodewyk Cremona en Ferdinand die hawens van Napulia. Die konflik staan bekend as die Italiaanse Oorlog. Op [[27 April]] [[1509]] plaas Julius Venesië onder pouslike interdik.<ref>[http://www.historytoday.com/MainArticle.aspx?m=33294 Venice Excommunicated]{{Dooie skakel|date=Augustus 2021 |bot=InternetArchiveBot |fix-attempted=yes }}, History Today</ref> Gedurende die oorlog het alliansies dramaties gefluktueer. In [[1510]] het Frankryk en Venesië plekke geruil en teen 1513 het Venesië by Frankryk aangesluit.
 
Die Liga se oorwinnings het gou Julius se primêre doelwitte oorskry. In die slag van Agnadello op [[14 Mei]] [[1509]] word Venesië totaal verslaan. Die Franse koning en die Duitse keiser wou nie net die pous se doelwitte bereik nie, maar ook sommer die hele Italië verower, iets wat die pous nie kon toelaat nie. Die pous het toe die Venesiërs gevra om hom teen sy voormalige bondgenote te help. Venesië se interdik word gelig op [[24 Februarie]] [[1510]] en Frankryk word onder die pouslike ban geplaas. Julius het ook vergeefs probeer om moeilikheid tussen Engeland en Frankryk te saai. Koning Lodewyk belê toe 'n sinode van Franse biskoppe in Tours in 1510. Die Franse biskoppe onttrek hulle toe aan die gesag van Rome en probeer om, saam met keiser Maximiliaan, Julius af te set op [[5 November]] [[1511]]. Op [[7 November]] [[1511]] kies hulle die kardinaal Lopez de Carvajal as [[Teenpous Martinus IV]].
15 535

wysigings