Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

(→‎Haworthia: Toets julle net.)
* {{gekant}} Voorlopig gekant, maar julle kan my oortuig, of ignoreer. Dis trouens nie ek wat alles dophou en kole uit die vuur krap nie. Wonder of dit nie is omdat ons nie sagteware het wat hierdie onsin betyds stopsit nie. Wat ek al vir die Engelse wikipedia voorgestel het is sagteware wat verdagte bydraes deur, en net vir, ongeregistreerdes weier. Hul antwoord was dat die vandale dan sal leer waarmee hulle kan wegkom aldan nie. Het wel goeie bydraes deur ongeregistreerdes opgemerk, en dis jammer as ons hulle moet uitsluit. Probeer miskien eers a) 'n zero-tolleransie-beleid teen oortreders, of b) 'n tydelike blok van ongeregistreerdes om die vlaag vandalisme te onderbreek, wat dan later sonder aankondiging gelig word. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 21:58, 31 Augustus 2021 (UTC)
* {{gekant}}: dit gaan verseker nuwelinge afskrik om hier te werk. Boonop sal ons nie Mukdro & Kie met so 'n reëling kan keer nie! Maar dit is werklik 'n moeilike besluit, om gereeld vandalisme te patroleer is 'n tydrowende werk. --[[Lêer:Wapen van die Oos-Kaap.png|20px]] [[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] 11:29, 2 September 2021 (UTC)
* {{gekant}} – wie hersien dan al die Afrikaanse televisiereekse? Baie jare gelede was 'n welbekende Anoniem hier betrokke. Goeie ou dae daardie! Groete. -- [[Lêer:Flag of South Africa.svg|20px]] [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 20:55, 6 September 2021 (UTC)
 
== Aardbol ==