Verskil tussen weergawes van "Clive Sinclair"

k
Oorlede
k (Oorlede)
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:ZXSpectrum48k.jpg|duimnael|links|ZX Spectrum (1982)]]
[[Lêer:ZX Spectrum128K.jpg|duimnael|links|ZX Spectrum 128K, 'n 8 bis-rekenaar van [[1986]]]]
'''Sir Clive Marles Sinclair''' (* [[30 Julie]] [[1940]] naby Richmond,[[16 September]] [[Surrey2021]]) iswas 'n [[Engeland|Engelse]] entrepreneur en uitvinder wat veral in die laat 1970's en vroeë 1980's met sy ontwikkelings op die gebied van verbruikerselektronika bekendheid verwerf het, waaronder die eerste sakrekenaar, die [[Verenigde Koninkryk]] se eerste digitale horlosie, tuisrekenaars en draagbare televisietoestelle.
 
Nadat hy enkele jaar lank as assistentredakteur van ''Practical Wireless'' en ''Instrument Practice'' werksaam was, het Sinclair in [[1961]] sy eie onderneming, ''Sinclair Radionics'', gestig waar hy in [[1972]] met die ''Sinclair Executive'' die eerste plat sakrekenaar ter wêreld ontwikkel en vervaardig het. Sinclair het hom later op die vervaardiging van tuisrekenaars toegespits en die ''Sinclair ZX80'' ontwikkel, die Verenigde Koninkryk se eerste tuisrekenaar wat op die massamark gemik is en vir minder as £100 verkoop is. Dit is opgevolg deur ''Sinclair Research'' se ZX81 en ZX Spectrum-rekenaars. Die laasgenoemde sou in die vroeë dae van die Britse tuisrekenaarbedryf 'n beslissende rol speel. Sinclair het in [[2010]] opgemerk dat hy self nie van rekenaars gebruik maak nie en die telefoon bo [[e-pos]] verkies.
 
{{Normdata}}
 
{{DEFAULTSORT:Sinclair, Clive}}
[[Kategorie:Britse uitvinders]]
28 859

wysigings