Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Ladismith"

(→‎Kerklike geboue: Glo dit nie of nie, maar dis belangrik vir 'n voorgeskrewe werk...)
 
Die gemeente het tydens die eerste 20 jaar van sy bestaan aanbid in 'n klein rietdakkerkie, maar dit het gou ontoereikende vir die groeiende gemeente geword. Dit is toe vervang deur die tweede kerk, ontwerp deur [[Carl Otto Hager]], 'n Duitse boorling wat in Suid-Afrika die grootse eksponent van die neogotiese boukuns geword het. Die manier waarop die kerk opgerig is, is waarskynlik uniek omdat die nuwe bo-oor die toe nog bestaande ou kerkie gebou is. Terwyl die bouwerk aan die veel groter Hager-kerk aan die gang was, het die gemeente nog Sondae in die ou kerkie byeengekom vir die erediens. Eers toe die nuwe kerk sy dak kry, is die ou kerk afgebreek en as 't ware uit die nuwe verwyder sodat die Hager-kerk se binneruimte voltooi kon word. Hager het die kerk so ontwerp dat die gespitste frontgewel 'n toring voorstel, sonder dat die gemeente met die koste van 'n ware toring belas is. Die eerste en die tweede kerk is geleë aan die bopunt van Kerkstraat vanwaar dit soos 'n middeleeuse katedraal oor die dorp waghou.
 
Maar kortliks, die aanbou:
Die heel eerste kerkie is erg beskadig deur windstorms. Die kerk het buitendien te klein geword vir die gemeente, en in 1863 en op 3 April 1871 is besluit om 'n groter kerk op dieselfde perseel te bou. Die Duitsgebore Carl Otto Hager is die opdrag gegee om die nuwe kerk te ontwerp en te bou. Hager het die neogotiese styl gebruik. Die bouers en skrynwerkers kom op Ladismith aan op 23 Januarie 1873; en saam met die vergroting van die kerk is ook boogvensters en spitstorings aangebring, soos dit die mode was - maar so ook 'n afsonderlike kloktoring en ringmuur. Die nuwe gebou kon 800 mense huisves en die boukoste het altesaam £4 900 bedra. Die eerste diens in die nuwe kerk vind op 28 September 1873 plaas, maar die amptelike inwyding daarvan vind eers die volgende jaar op 30 Mei 1874 plaas. Die kerkie loop in 1878 weer onder erge skade deur weens stormwinde en die nodige versterkings is aangebring.<ref name="Toerismeblad2021" />
 
Die kerkraad wou aanvanklik die Otto Hager-kerk sloop toe die aanbou van die groter NG Kerk in Queenstraat afgehandel is, maar die laagste tender was £500. Die Otto Hager-kerk word toe verkoop aan die Verenigde Meulenaars teen die einste £500 - met dien verstande dat die kerk nie weer vir kerkdienste gebruik sou word nie. Daar was ook gerugte dat van die lidmate nie baie gediend was met die ultramoderne (siersteen)kerk nie, en om 'n moontlike skeuring te verhoed kon die deurslag gegee het om die kerkie te behou. In 1956 koop die Saaiboere Koöperasie die Otto Hager-kerk teen £10 500, en gebruik dit as lusernsaadstoor. Daarvoor moes die kloktoring afgebreek word om 'n dieseltenk en pomp in te ruim; die ringmuur is afgebreek sodat vragmotors toegang tot die gebou kon verkry.<ref name="Toerismeblad2021">A4-Toerismebrosjure, in Afrikaans, soos uitgegee en versprei deur die Toerismekantoor van Ladismith, gesetel in die Otto Hager-kerk self (soos ontvang in April 2021)</ref>
13 523

wysigings