Bestuiwing: Verskil tussen weergawes

13 grepe verwyder ,  11 maande gelede
No edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
 
'''Kruisbestuiwing''' is wanneer stuifmeel van een blom na ’n ander oorgedra word. Plante wat daarvoor aangepas is, het dikwels langer meeldrade as vrugblare of gebruik ander maniere om die verspreiding van stuifmeel na ander blomme te bevorder.
 
'''Selfbestuiwing''' vind plaas wanneer die stuifmeel van ’n blom na dieselfde blom of ’n ander blom van dieselfde plant oorgedra word.<ref>{{cite book | author=Cronk, J. K.; Fennessy, M. Siobhan | authorlink= | coauthors= | title=Wetland plants: biology and ecology | year=2001 | publisher=Lewis Publishers | location=Boca Raton, Fla. | isbn=1-56670-372-7 | page=166}}</ref> Dit kom veral voor by kortstondige eenjarige plante en plante wat in nuwe omgewings begin groei.<ref name=Glover2007>{{cite book| title = Understanding flowers and flowering: an integrated approach| year = 2007| author = Glover, Beverly J.| publisher = Oxford University Press| page = 127| isbn = 0-19-856596-8| postscript = <!--None-->}}</ref> Die plante wat daarvan gebruik maak, se meeldrade en vrugblare is gewoonlik ewe lank. Plante wat hulself kan bestuif, word "selfvrugbaar" genoem en plante wat bestuiwers nodig het, "selfsteriel".
 
== Sien ook ==