Verskil tussen weergawes van "William Shakespeare"

→‎Vroeë jare: Beter beeld
(Rescuing 1 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.8)
(→‎Vroeë jare: Beter beeld)
== Lewe ==
=== Vroeë jare ===
[[Lêer:StratfordBirthplace Birthplace2of Shakespeare.jpg|duimnael|200px|Shakespeare se geboortehuis in Stratford]]
William Shakespeare (ook gespel Shakspere, Shaksper, Shaxper, en Shake-speare, siende dat daar in die tyd nie vasgestelde spelreëls was nie<ref>[http://shakespeareauthorship.com/name1.html ''The Spelling and Pronunciation of Shakespeare's Name''] deur David Kathman (in Engels). Laaste besoek op 22 Okt. 2005.</ref>) is in [[Stratford-upon-Avon]] gebore in April 1564. Sy ouers was John Shakespeare, 'n suksesvolle handskoenmaker en wethouer van Snitterfield, en Mary Arden, 'n dogter van lae adel. Daar word aangeneem dat sy geboorte by sy ouerhuis in Henley Straat plaasgevind het. Shakespeare se dooprekord dateer uit 26 April van daardie jaar. Aangesien babas destyds binne 'n paar dae van geboorte gedoop is het tradisie te ruste gekom op [[23 April]] as Shakespeare se geboortedag. Hierdie datum verskaf 'n gerieflike simmetrie, aangesien Shakespeare op dieselfde dag oorlede is: 23 April ([[3 Mei]] op die [[Gregoriaanse kalender]]), 1616.
 
6 168

wysigings