Verskil tussen weergawes van "Viljoen"

42 grepe bygevoeg ,  7 maande gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
No edit summary
Etikette: Visuele teksverwerker Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf Gevorderde mobiele wysiging
 
[[Lêer:viljoen.gif|duimnael|regs|Viljoen-familiewapen.]]
 
'''Viljoen''' is 'n Afrikaanse van van [[Frankryk|Franse]] [[Hugenote|Hugenote-oorsprong]] en alle Viljoens is nasate van die stamvader '''François Vilion''', 'n wamaker, wat in Oktober [[1671]] aan die [[Kaapkolonie|Kaap van Goeie Hoop]] gearriveer het as Hugenootvlugteling. Vir 18 maande is hy in diens van die [[Verenigde Oos-Indiese Kompanjie|VOC]], waarna hy 'n vryburger word en as wamaker werk. In [[1676]] tree hy aan die Kaap in die huwelik met '''Cornelia Campenaar''' van [[Middelburg, Zeeland|Middelburg]], [[Nederland]]. Die egpaar vestig hulle as vryburgers op die plaas Idasvallei in die [[Stellenbosch]]distrik, wat deur goewerneur [[Simon van der Stel]] aan hulle toegeken is as een van ses vryburgerplase in die distrik. Twee van hulle seuns, Henning Viljoen en Johannes Viljoen, het die stamnaam voortgesit in onderskeidelik die Henning-stam en die Johannes-stam van die Viljoens.
 
Onder die bekende Viljoens is die volgende:
 
* [[Ben Viljoen]] ([[1869]]-[[1917]]), soldaat (Boere-generaal tydens die [[Anglo-Boereoorlog]]), skrywer, boer.
* [[Christo Viljoen]] ([[1937]]}, ingenieur, akademikus, skrywer van die Viljoen Familieregister en Pienaar Familieregister.
* [[Constand Viljoen]] ([[1933]]–[[2020]]), Hoof van die [[Suid-Afrikaanse Weermag]], oud-[[politikus]].
* [[Gerrit Viljoen]] ([[1926]]-[[2009]]), Rektor van die [[Randse Afrikaanse Universiteit]] en [[kabinetsminister]].
* [[Hardus Viljoen]], Suid-Afrikaanse krieketspeler.
* [[Jan Viljoen]] (1812-1893), boerepionier, Boerekommandant en grootwildjagter van Marico, Tvl.
* [[Marais Viljoen]] ([[1915]]-[[2007]]), politikus en seremoniële [[Staatspresident van Suid-Afrika]].
 
2 318

wysigings