Verskil tussen weergawes van "Hibernasie"

19 grepe bygevoeg ,  1 maand gelede
geen wysigingsopsomming nie
Etikette: Visuele teksverwerker Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf Gevorderde mobiele wysiging
 
[[Lêer:Hibernating Turtles.JPG|duimnael|'n Skilpad wat hiberneer]]
 
Die oorgrote meerderheid van die [[Ongewerweldes|ongewerwelde]] diere, [[Eksotermies (biologie)|koudbloedige]] [[Gewerweldes|werweldiere]], asook baie soogdiere, raak onaktief of gaan in ʼn diep slaap gedurende ongunstige seisoene. Wanneer die prikkel om te slaap koue is, praat ons van '''hibernasie''' (winterslaap) en wanneer die prikkel droogte is, gaan die diere in ʼn [[estivasie]] (droogteslaap).
 
Omdat ons in [[Suid-Afrika]] nie sulke strawwe winters het soos in ander dele van die wêreld nie, het ons nie diere wat werklik hiberneer nie. Baie koudbloedige diere soos slange en akkedisse raak egter onaktief in die winter en dit is die rede waarom hulle dan nie gesien word nie. Ons hegkan egter heelwat diere aanheg by dié wat in ʼn droogteslaap gaan, soos landslakke, sekere vissoorte, paddas en selfs soogdiere soos die goue mol en die erdvark.
 
Skaarste aan voedsel is ʼn groter gevaar vir warmbloedige diere as koue, en die winterslaap is ʼn maniere waarop die natuur verseker dat die diere wat nie in staat is om in die winter voedsel te kry nie, oorleef. Party soogdiere – die sogenaamde ware winterslapers – ondergaan egter groot veranderinge in hul liggaamstoestand tydens die periode van winterslaap. Die liggaamstemperatuur daal totdat dit byna dieselfde is as die van die omringende atmosfeer, die hart klop maar een keer elke twee of drie minute, die dier haal skaars asem en het baie min voedsel nodig.
 
Die liggaamstemperatuur daal totdat dit byna dieselfde is as die van die omringende atmosfeer, die hart klop maar een keer elke twee of drie minute, die dier haal skaars asem en hy het baie min voedsel nodig. Voorbeelde van [[Soogdier|soogdiere]] wat so slaap, is die [[vlermuis]], die [[krimpvarkie|krimpvarke]] en die egte [[marmot]]. Visse, [[Reptiel|reptiele]] en [[amfibieë]] verminder ook al hul liggaamsfunksies tot ʼn vlak waar hulle net aan die lewe bly gedurende hul winterslaap. Diere in hierdie toestand is in ʼn toestand wat ook 'n skyndood genoem kan word.
 
== Die krimpvarkie ==
1 766

wysigings