Verskil tussen weergawes van "Edelsteen"

208 grepe verwyder ,  1 maand gelede
(Inligting bygewerk)
 
Die eerste diamantdelwers op plekke soos [[Kimberley]], [[Lichtenburg]] en [[Alexanderbaai]] was regte avonturiers wat ''her-'' en derwaarts na die verskillende  plekke gestroom  het waar iemand 'n vonds gemaak het. Vandag is diamantmyne groot nywerheidsondernemings. Klip en grond word by die ton losgeskiet, gebreek, in masjiene gewas en opghriestafels gesorteer om die ruwe diamante in die hande  te  kry.
 
Slegs 'n vyfde van die diamante wat gevind word, is groot en helder genoeg om as sierade te gebruik. Die groot massa klein steentjies (bort) is egter glad nie onwelkom nie. Hulle word as [[nywerheidsdiamante]] in verskillende soorte gereedskap gebruik om te boor en te sny. Dink maar net aan die diamantbore wat deur die geweldige harde rotslae van die Witwatersrandse goud­riwwe moet dring. Die wêreldproduksie van nywerheidsdiamante in [[1974]] was 32,4 miljoen karaat en die van sierstene 13,52 miljoen [[karaat]]. Hiervan het onderskeidelik 4 067 000 en 3 435 000 karaat uit [[Suid-Afrika]] gekom. Ander groot diamantprodusente is [[Zaïre]] en [[Rusland]]. Albei die state lewer veel meer nywerheidsdiamante as Suid-Afrika, maar lg. is verreweg die grootste produsent van sierstene.
 
== Edelstene uit korund en silikate ==
4 171

wysigings