Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

geen wysigingsopsomming nie
k (Wysigings deur 41.246.129.89 teruggerol na laaste weergawe deur Charlielv55)
Etiket: Terugrol
Etikette: Visuele teksverwerker Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf Gevorderde mobiele wysiging
 
Daar was in Engeland ’n lang aanloop na die Industriële Revolusie. Ten tyde van die [[Kruistogte]] (±1100-1200) is handelsroetes na verre lande oopgestel en het ’n handelsklas ontwikkel. In die 17de eeu het oorsese handel grootliks toegeneem vanweë ontdekkingsreise en die kolonisasie van die [[Amerikas]]. Handelaars het welvarend geword en ’n groot middelklas het ontstaan, wat tot ’n hoër lewenstandaard gelei het.
 
Engeland het uitgeblink in die vervaardiging van [[wol]] en [[katoen]], en die groetergroter vraag daarna in die land self en in die kolonies het die Engelse tekstielbedryf bestendig laat groei. Aan die vooraand van die Industriële Revolusie was ’n stelsel in werking waarvolgens handelaars onverwerkte wol of katoen opgekoop en dit aan werkers voorsien het, wat dit tuis tot draad gespin en tot materiaal geweef het.
 
Met die verval van die [[feodalisme|feodale stelsel]] en die opbloei van die sogenaamde "huisstelsel" van vervaardiging, het kleinboerdery afgeneem. Wette het dit vir welgestelde mense moontlik gemaak om verspreide lappies grond te koop waarop dorpenaars voorheen geboer het en dit in groot plase te konsolideer. Baie dorpenaars moes hulle tot die stede wend om werk te probeer vind.
1 766

wysigings