Hugenoot: Verskil tussen weergawes

8 grepe verwyder ,  8 maande gelede
 
== Vervolging ==
Daar was wedersydse geweld en aanvalle tussen die hugenote en die katolieke. Die toestand het gou tot na aan burgeroorlog ontwikkel.
Gedurende die grootste deel van die 16de eeu is die hugenote vervolg, wat teen die einde van daardie eeu tot grootskaalse interne geloofsoorloë gelei het. In [[1561]] het die Edik van Orléans egter die vervolging vir 'n paar jaar gestop, en met die Edik van Saint-Germain is hugenote se geloofsvryheid vir die eerste keer erken ([[17 Januarie]] [[1562]]). In [[1572]] is duisende hugenote tydens die St [[Bartolomeusnag]]slagting vermoor, en amnestie is die volgende jaar toegestaan. Die vyfde heilige oorlog teen die hugenote het op [[23 Februarie]] [[1574]] begin, en konflik het aan en af aangehou tot [[1598]] toe koning [[Hendrik IV van Frankryk|Hendrik IV]] die [[Edik van Nantes]] uitgevaardig het wat protestante volle geloofsvryheid en gelyke regte met katolieke gegee het.
Gedurende die grootste deel van die 16de eeu is die hugenote vervolg, wat teen die einde van daardie eeu tot grootskaalse interne [[geloofsoorlog|geloofsoorloë]] gelei het.
In [[1561]] het die Edik van Orléans egter die vervolging vir 'n paar jaar gestop, en met die Edik van Saint-Germain is hugenote se geloofsvryheid vir die eerste keer erken ([[17 Januarie]] [[1562]]). In [[1572]] is duisende hugenote tydens die St [[Bartolomeusnag]]slagting vermoor, en amnestie is die volgende jaar toegestaan. Die vyfde heilige oorlog teen die hugenote het op [[23 Februarie]] [[1574]] begin, en konflik het aan en af aangehou tot [[1598]] toe koning [[Hendrik IV van Frankryk|Hendrik IV]] die [[Edik van Nantes]] uitgevaardig het wat protestante volle geloofsvryheid en gelyke regte met katolieke gegee het.
 
[[Lodewyk XIV van Frankryk|Lodewyk XIV]] het die vervolging van die protestante hervat. Hy het sy soldate, die gevreesde dragonades, by protestante huisgesinne ingekwartier en die lewe vir hulle so ondraaglik gemaak het dat baie gevlug het. Hy het uiteindelik die "onherroeplike" [[Edik van Nantes]] herroep in [[1685]] en het Protestantisme onwettig verklaar met die [[Edik van Fontainebleau]]. Hierna het baie hugenote na omliggende protestante lande gevlug, soos [[die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande]] en veral [[Pruise]], waar die Calvinistiese Groot Keurvors Frederik Willem hulle verwelkom het om sy oorloggeteisterde en onderbevolkte land te help opbou.
[[Beeld:Hugenote-gedenkmuseum.jpg|regs|300px|duimnael|Die Hugenote-gedenkmuseum op Franschhoek.]]
 
Reeds voor die grootskaalse emigrasie van Hugenote na die [[Kaap van Goeie Hoop]] in 1688–1689 het enkele Hugenote vlugtelinge aan die Kaap gevestig. Onder hulle was Francois [[Viljoen]] (arriveeraankoms 1671) en die broers François en Guillaume du Toit (arriveeraankoms 1686). Trouens, [[Maria de la Quellerie]], eggenote van [[Jan van Riebeeck]], was 'n Hugenoot en haar vader 'n Hugenote predikant in Nederland. Jan en Maria van Riebeeck verlaat egter die Kaap van Goeie Hoop in 1662 en vertrek na [[Batavia]] in die Verre-Ooste.
 
Op [[31 Desember]] [[1687]] vertrek 'n groep Hugenote wat vroeër uit Frankryk gevlug het, per skip vanaf [[Nederland]] na die Kaap de Goede Hoop. In die volgende jaar begin die georganiseerde emigrasie van Franse Hugenote vanuit Nederland na die Kaap, waar die setlaars hulle hoofsaaklik in die omgewing van die huidige [[Franschhoek]] gevestig het. Die grootste groep Hugenote (sowat 180 in totaal) het hulle in die jare 1688 en 1689 aan die Kaap gevestig.
 
Hoewel die staatsgesubsideerde emigrasie in 1707 gestaak is, het daar nog Hugenote op eie stoom na die Kaap gekom, waaronder Pierre Labuschagne in 1711, Anna Maria Bacat in 1717, Jacques Naudé in 1718, Jean Blignaut in 1723 en Francois Guilliaumé (Giliomee) in 1726.
[[Simon van der Stel]] was 'n vurige Nederlandse nasionalis wat graag wou sien dat die nedersetting aan die Kaap in 'n suiwer Nederlandse kolonie ontwikkel. Daarom was hy spyt dat die Hugenote nie liewer Nederlanders was nie. Hy moes egter tevrede wees met die besluit van sy Here Meesters, en die enigste uitweg was om die nuwelinge so vinnig moontlik te verhollands. Met hierdie beleid het [[Here Sewentien|Here XVII]] akkoord gegaan. Dit sou egter groot ontevredenheid onder die vlugtelinge veroorsaak.
 
Die Hugenote het grond gekry in die vrugbaarste en mooiste deel van die kolonie: 'n paar in Stellenbosch, ander aan die voet van die Simons-, die [[Paarl]]- en die Diamantsberg en by die oorsprong van die [[Bergrivier]] in die [[Olifantshoek]]. Omdat heelwat Franse daar gaan woon het, het die streek die naam ''De Fransche Hoek'' gekry. Die Franse was egter nie tevrede nie. Dit was vir hulle baie moeilik om hulle by die vreemde omgewing aan te pas.
 
Hulle was egter veral ontevrede omdat hulle nie toegelaat is om naby mekaar te woon nie, en sommige was so ontevrede dat hulle hul plase verlaat het en by ander in diens getree het. 'n Kwaai en lang winter het sake verder bemoeilik en die suidoos in die vroegsomer het hulle moedeloos gewaai. In die ''Dagregister'' van [[24 Oktober]] [[1688]] word daar geskryf van die eerste wrywing tussen die Franse en die kommandeur. Simon van der Stel was teleurgesteld met hulle, maar nogtans het hy aanvanklik baie tegemoetkomend opgetree. Die Franse het ook spoedig begin kla dat gesamentlike godsdiensoefening en 'n gemeenskaplike skool vir hul kinders bykans onmoontlik was.
Dit was egter nie net die Franse teen wie Simon van der Stel dit gehad het nie; hy het ook teen sommige Nederlandse vryburgers uitgevaar. Baie van hulle, het hy gesê, was so verslaaf aan drank dat hulle die landbou verwaarloos het. Baie het hul vee voor die voet geslag en die grond uitgeput. Dit is interessant dat [[Simon van der Stel]], hoewel hy nie baie geliefd onder die Franse en sommige vryburgers was nie, tog geen openlike verset uitgelok het nie.
 
Sy gedrag het hom nie gehaat gemaak nie; hy was streng, regverdig. Hy het moeite gedoen om hul produkte te bemark; iets wat sy seun nie gedoen het nie. Geen wonder dat die Franse en Nederlanders teen Wilhem Adriaen saamgespan het nie. Hierdie gesamentlike verset het Fransman en Nederlander nader aan mekaar gebring in die eerste politieke botsing op Suid-Afrikaanse bodem, wat miskien as die beginpunt van die Afrikaners as ʼn'n eie volk beskou kan word. Aanvanklik het die Franse hulle apart gehou. Hartlike samewerking met die Nederlanders was daar nog nie. Met die vertrek van ds. Simond in [[1701]] en die aanstelling van ds. Beck het die ou ontevredenheid weer opgevlam.
 
[[Here Sewentien|Here XVII]] wou die Franse taal aan die Kaap so gou as moontlik laat uitsterf. Ds. Beck was wel tweetalig, maar hy het opdrag gekry om alleen in Nederlands te preek; slegs die bejaarde Franse moes hy in hul eie taal bedien. Hieroor was die Franse baie ontevrede. Meer as driekwart van die Drakensteinse gemeente kon byvoorbeeld nie 'n Nederlandse preek verstaan nie. Die Kaapse owerheid het egter nie die beleid om [[Frans]] uit die kerk uit te sluit, streng toegepas nie, sodat daar selfs in [[1718]] nog Franse dienste in Drakenstein gehou is.
109 627

wysigings