Verskil tussen weergawes van "Joachim Nikolaus von Dessin"

=== 'n Nuwe lewe aan die Kaap ===
==== Die besluit ====
Dit bly 'n raaisel waarom Von Dessin so 'n radikale besluit geneem het. Om jou uitmuntende geleerdheid en adellike hoflewe as kamerjonker én edelman sommerso te verruil vir 'n hoogs primitiewe bestaan in 'n vreemdelingelegioen, gewoonlik ook nog bevolk deur die jongmans uit 'n armoedige agtergrond,<ref name="Delmas.2010" /> het mense met rede laat gis.<ref name="Spohr.1968.143" /> Van die geskiedskrywers het 'n paar skote in die donker gewaag, wat geeneen deur bepaalde bewyse gestaaf word nie.<ref name="Tyrrel-Glynn" />
 
Mentzel voer aan die dood van die Markgravin (sy beskermvrou) het 'n doodloopstraat of uitsigloosheid vir verdere bevordering, opvoeding, ontwikkeling en toekomsmoontlikhede aan die Brandenburgse vorstehuis beteken.<ref name="Tyrrel-Glynn" /><ref name="Immelman1968.19" /><ref name="Wendland1965.63" /> Dit bly 'n moontlikheid, al is dit dan ook nie dadelik, soos Mentzel in sy reisbeskrywing beweer het nie.
 
Ander voer aan die jongman se Wanderlust en avontuurlus/-sin was te groot vir hierdie klein, eng, vervelige, voorspelbare en bekrompe Duitse vorstehuisie, wat tog net sy vooruitgang sou strem.<ref name="Tyrrel-Glynn" /><ref name="Wendland1965.63" /><ref name="Spohr.1968.143" /><ref name="Mullen.1976.79" /> Al het die Goue Eeu reeds 'n paar dekades tevore oorgewaai, is Amsterdam steeds dié trekpleister vir avontuurlustige jongmense, wat gelok is deur verhale van “fabelagtige rykdom van die Verre Ooste”.<ref name="Immelman1968.19" /> Die soldatelewe sien wel bietjie anders daaruit.
 
In dieselfde asem kon die armoede tuis (deur sy vader se gevangesetting) hom na die welvarender Holland gedryf het.<ref name="Immelman1968.19" /><ref name="Spohr.1968.143" /> Dit was niks ongewoon van sy verarmde standgenote om, net soos hy, by die V.O.C. 'n skoon lei te begin nie. Maar om soldaat te wees, het egter wel beteken jy behoort tot die laagste stand onder die aangesteldes van hierdie Hollandse maatskappy,<ref name="Mortiz.1935" /><ref name="Spohr.1968.143" /> “die voorspoedigste en grootste handelsonderneming van die eeu.”<ref name="Immelman1968.19" />
 
Van die ou geskiedskrywers beweer selfs Joachim Nikolaus von Dessin was in 'n tweegeveg betrokke,<ref name="Tyrrel-Glynn" /><ref name="Spohr.1968.143" /><ref name="Immelman1968.19" /><ref name="Wendland1965.63" /><ref name="Mullen.1976.79" /><ref name="Mortiz.1935" /> of 'n geskil<ref name="Delmas.2010" /> en het op die vlug geslaan, maar hierdie stelling word as versinsel beskou.<ref name="Mortiz.1935" /><ref name="Immelman1968.19" /> Daar bestaan geen dokument wat hierdie bewering staaf nie.<ref name="Immelman1968.19" /> Toe 'n hofsaak buitendien tussen die Von Dessins en die Von Ketelhodts oor erfgrond tien jaar later woed, sou die teenparty ongetwyfeld hierdie puntjie kon opgehaal het. Al wat die Von Ketelhodts egter van Joachim Nikolaus von Dessin af weet, is dat hy nuwe heenkome in Holland gaan soek het toe sy erfgeldjies opgedroog het.<ref name="Mortiz.1935" /> Opvallend genoeg is dit wel sy oom, Joachim Christian von Dessin, wat in 1704 in 'n tweegeveg in Hongarye gesneuwel het.<ref name="Mortiz.1935" />
 
==== Sosiale opgang ====
13 840

wysigings