Verskil tussen weergawes van "Joachim Nikolaus von Dessin"

k
==== Sosiale opgang ====
Solank [[Pieter Gysbert Noodt]] goewerneur van die Kaap was, dien Von Dessin nog as soldaat.<ref name="Immelman1968.19" />
Met die afsterwe van die goewerneur in 1729 ontdek die owerheid blykbaar Von Dessin se verborge talente: hy word in daardie jaar van sy militêre diens vrygestel en benoem tot klerk by die Sekretariaat van Justisie teen 20 gulden per maand.<ref name="Wendland1965.64" /><ref name="Bax1970.7" /><ref name="Immelman1968.19" /><ref name="Mortiz.1935" /><ref name="TanapC99.2.16" /> 'n Ander bron voer aan hy het gewoon die assistent van die sekretaris van die raad van justisie geword. <ref name="Tyrrel-Glynn" />Uiteindelik kom sy kennis van [[Latyn]] tot sy reg: hy sit sy studies nauurs voort en later praktiseer hy as notaris vir byverdienste;<ref name="Tyrrel-Glynn" /><ref name="Mortiz.1935" /><ref name="Wendland1965.64" /> die talryke (meer as 300) regsboeke in sy biblioteek getuig daarvan.<ref name="Immelman1968.20">Immelman, R.F.M. 1968 (1961). Joachim von Dessin: Die Man en sy Boekery. In: Pama, C. (red.). ''Die Suid-Afrikaanse Biblioteek: Sy geskiedenis, versamelinge en bibliotekarisse 1818–1968.'' Kaapstad: A.A. Balkema. p. 20</ref>
 
Op 10 Desember 1730 is hy met Christina Ehlers (gebore 1703 in die Kaap) getroud; sy is die dogter van die meesterbakker/bakkersbaas Christian Ehlers en Barbara de Savoye.<ref name="Tyrrel-Glynn" /><ref name="Mortiz.1935" /><ref name="Bax1970.7" /><ref name="TanapC82.104.106" /><ref name="TanapC99.2.16" /><ref name="Mullen.1976.79" /><ref name="Bostoen.1996." /><ref name="Wendland1965.64" /><ref name="Immelman1968.19.20">Immelman, R.F.M. 1968 (1961). Joachim von Dessin: Die Man en sy Boekery. In: Pama, C. (red.). ''Die Suid-Afrikaanse Biblioteek: Sy geskiedenis, versamelinge en bibliotekarisse 1818–1968.'' Kaapstad: A.A. Balkema. p. 19-20</ref>
 
Christian Ehlers (ook gespel Christiaan Eelers) het net soos Von Dessin ook as soldaat van Duitse afkoms<ref name="Wendland1965.64" /> in die Kaap aangekom, in 1697 vryburger geword en vanaf 1700 meesterbakker geword,<ref name="Spohr.1968.147">Spohr, O. 1968. Vater der kapländischen Büchereien: Joachim Nikolaus von Dessin. In: Schleucher, K. (Red.). ''Deutsche unter anderen Völkern: Pioniere und Außenseiter''. Darmstadt: Turris-Verlag. S. 147)</ref> maar is in 1704 oorlede.<ref name="TanapC82.104.106" />
Selfs uit die graf kon die invloedryke “skoonvader”, Elias Kina (ook 'n broodbakker sedert 1712 vir verbygaande skepe,<ref name="TanapC37.46.63">[http://databases.tanap.net/cgh/main.cfm?artikelid=22027 Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope Cape Town Archives Repository, South Africa Reference code: C. 37, pp. 46-63.]</ref> in 1714 oorlede) Von Dessin toegang bied tot die regte kringe en sosiale opgang moontlik maak.<ref name="Mortiz.1935" /> Kina was voorheen 'n intieme vriend van Adam Tas.<ref name="Immelman1968.20" /> Von Dessin se vrou se bloedverwante of aangetroude familie, soos die De Savoyes, Kinas, d’Aillys en Rheniusse was koloniste van aansien.<ref name="Immelman1968.22" />
 
In 1731 doop die egpaar Von Dessin hul enigste kind en dogtertjie Barbara Theresia von Dessin.<ref name="Tyrrel-Glynn" /><ref name="Spohr.1968.147" /><ref name="Mullen.1976.79.80">Mullen, S.J. 1976. J.N. von Dessin and the Dessinian Collection. ''Lantern'' (Junie-uitgawe) XXV(4):79-80</ref><ref name="TanapC99.2.16" /><ref name="Bax1970.7" /><ref name="Wendland1965.64" />
 
Oor presies wanneer Von Dessin tot boekhouer bevorder is in die V.O.C., heers daar geen eenstemmigheid nie: een voer 1733 aan,<ref name="Immelman1968.19" /> maar dit blyk eerder 1735 is die juiste jaartal.<ref name="Wendland1965.64" /><ref name="Spohr.1968.147" /><ref name="Bax1970.7" /><ref name="TanapC99.2.16" /> In die kladnotule van 21 Junie 1735 staan daar: "Dessein tot boekhouder à ƒ30 gevordert."<ref>[http://databases.tanap.net/cgh/main.cfm?artikelid=23022 Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope Cape Town Archives Repository, South Africa Reference code: C. 98, pp. 74-78.]</ref>
13 840

wysigings