Apollo-maanmodule: Verskil tussen weergawes

4 grepe verwyder ,  3 maande gelede
→‎Werking: Verbeter
(Skakel)
(→‎Werking: Verbeter)
== Werking ==
[[Lêer:Apollo_maanlander1.jpg|duimnael|380px|Skets van die maanmodule]]
Tydens die lansering van die [[Saturn V]]-vuurpyl is die maanmodule, met sy landingspote ingetrek, onder die [[Apollo-beheer en diensmodule]] (BDM) gestoor, in die tussentydse stadium. Sodra die vuurpyl oppad maan toe was, het die BDM hom van die derde fase losgemaak en die tussenstadium van Saturnus V geopen. Dit het die maanlander vrygelaat. Met 'n maneuver het die BDM aan sy neus met die MM gekoppel, waarna die BDM die maanlander uit die derde vuurpylstadium getrek het. Die [[ruimtevaarder]]s kon via 'n verbindingslot deurstap.
 
Die maanmodule het twee ruimtevaarders na die maanoppervlak geneem en weer terug na die BDM, wat steeds met die derde ruimtevaarder om die maan bly wentel het. Die maanmodule het uit twee dele bestaan: die onderste gedeelte was die dalende deel, die boonste deel die stygende deel. Die afdaaldeel het gedien as 'n wegspringplek vir die tuig om die maan te verlaat en het dus op die maan agtergebly. In geheel was dit sewe meter hoog. Die skottels onderaan die pote het 'n deursnee van 90 sentimeter gehad. Die massa was 14 500 kg.