Patriarg Filaret van Moskou: Verskil tussen weergawes

k (rvv)
Etiket: Terugrol
 
== Opgang ==
Fjodor word in [[Moskou]] gebore as die tweede seun van die vooraanstaande bojaar Nikita Romanowitsj Zacharin-Joerijef, die seun van [[Roman Joerijewitsj Zacharin]], en verander later die familie se van na Romanof. Tydens die bewind van sy neef [[Fjodor I van Rusland|Fjodor I]] (1584-1598) blink die jong Fjodor Romanof uit as soldaat en diplomaat – in [[1590]] in die oorlog teen die magte van [[Johan III van Swede]], en van [[1593]] tot [[1594]] in onderhandelinge met die ambassadeurs van die Romeinse keiser Rudolf II. Hy word in [[1583]] ’n [[bojaar]].
 
Toe tsaar Fjodor sonder erfgename sterf, is hy die gewildegewildste keuse vir die troon, maar hy berus in die verkiesing van [[Boris Godoenof]]. Drie jaar later dwing Godoenof hom en sy vrou, Ksenia Sjestowa, om kloostergeloftes af te lê onder die name Filaret en MarthaMarta.
 
Filaret bly onder die strengste aanhouding in die Antonijef SijskiSijiski-klooster in die noorde van Rusland, waar hy blootgestel word aan elke denkbare vernedering. Toe [[Vals Dmitri I van Rusland|Vals Dmitri I]] die Godoenofs se bewind omvergooi, laat hy Filaret vry en stel hom aan as biskop van [[Rostof]] ([[1605]]).
 
In [[1609]] word Filaret deur [[Vals Dmitri II van Rusland|Vals Dmitri II]] aangewys as patriarg. Van [[1610]] af is hy ’n gevangene van die [[Pole|Poolse]] koning [[Sigismund III Wasa]], wat hy geweier het om as tsaar van [[Moskowië]] te erken toe hy in 1610 op ’n afvaardiging na die Poolse kamp gestuur is. Op [[13 Februarie]] [[1619]] word hy vrygelaat met die Wapenstilstand van Deulino en op [[2 Junie]] in dieselfde jaar word hy ingeseën as patriarg van [[Moskou]] en Rusland.