Verskil tussen weergawes van "Klein-Venedig"

2 grepe verwyder ,  14 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Klein-Venedig''' of '''Welser-Kolonie''' was 'n mislukte [[16de eeu]]se poging om 'n [[Duitsland|Duitse]] kolonie in [[Venezuela]] in [[Suid-Amerika]] te vestig.
 
Die [[Augsburg]] bank-families van Anton en Bartholomeus [[Welser]] het in [[1528]] regte tot Venezuela verkry van [[CharlesKarel V, Heilige Romeinse Keiser]] en [[Spaanse Ryk|koning van Spanje]]. Die regte is deur [[Heinrich Ehinger]] en [[Hieronymus Sailer]] onderhandel, of onafhanklik, of as agente van die Welsers. Teen [[1531]] het die Welsers egter beslis beheer oor die voorreg gehad. 'n Kolonisasie skema is opgestel met [[Ambrosius Ehinger]] wat in [[1529]] as goewerneur opdaag. Hy het die binneland verken op soek na die [[goud]] van [[El Dorado]]. Ehinger het [[Seville]] op [[7 Oktober]] [[1528]] met die Spanjaard [[García de Lerma]] en 281 setlaars verlaat. By Santo Domingo het de Lerma en 50 metgeselle vertrek op 'n sending na Santa Marta om Spaanse beheer te hervestig na die moord op die goewerneur daar. Ambrosius Ehinger en die res het na die Venezuelaanse kus vertrek en op [[24 Februarie]] [[1529]] by [[Coro]] geland.
 
Ander duitse goewerneurs, wat hulle ook hoofsaaklik met die soek na goud besig gehou het, het gevolg: [[Nikolaus Federmann]], [[Georg von Speyer|Georg Hohermuth von Speyer]], [[Philipp von Hutten]]. Federmann het oor die [[Andes]] na [[Bogotá]] gereis waar hy en [[Sebastián de Belalcázar]] aanvanklik [[Gonzalo Jiménez de Quesada]]'s se aanspraake op die provinsie betwis het. Duitse mynwerkers is ingevoer sowel as 4 000 slawe uit [[Afrika]] om op die [[suiker]]rietplantasies te werk. Teen [[1541]] het dispute met [[Spanje]] ontstaan en is die bankiers in [[1556]] van die beheer van hulle kolonie ontneem.
Anonieme gebruiker