Verskil tussen weergawes van "Operasie Gomorrha"

k
Vir die bombarderings is 'n mengsel van brisant- en brandbomme gebruik. Die brisantbomme is doelgerig afgewerp en het met hulle drukkrag die dakke van huise afgeruk sodat die fosfoor van die opvolgende brandbomme regstreeks in die woonstelle en trappehuise beland het. Trappehuise was gewoonlik uitsluitlik van hout gemaak en het sodoende die vlamme na die laagste verdiepings oorgedra sodat die huise volledig uitgebrand het.
 
Die aanvalle was steeds beperk tot 'n bepaalde sektor van die stad. Die toring van die St. Nikolai-kerk met 'n hoogte van 147,3 meter het as 'n sentrale uitgangspunt gedien. Die kerk se bouvalle is ná die oorlog nie heropgebou nie en dien vandag as 'n oorlogsmonument. Hulle huisves daarnaas 'n permanente tentoonstelling oor Operasie Gomorrha.
 
Die bunkers wat ter beskerming van die bevolking gebou is was in die laaste fase van die oorlog net 'n beperkte toevlugsoord aangesien steeds groter bomme afgewerp is waarteen hulle nie meer kon standhou nie. Talle mense het verstik omdat die woedende brande alle suurstof verbruik het.