Verskil tussen weergawes van "Neopaganisme"

6 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
Heilige seremonies gee uitdrukking aan die mens se verlange om na die begin van die tyd en die heilige tyd van die oorsprong terug te keer om homself weer met die Goddelike wêreld te verbind en sodoende 'n tydgenoot van die Gode te word. Hierdie aspek van die menslike bestaan het in talle oorsese indigene religieë steeds bewaar gebly, maar is in die Westerse wêreld as gevolg van die Christelike invloed vir 'n lang tydperk onderdruk.
 
Die historiese, kulturele en ekonomiese realiteit het steeds 'n groot invloed op die geloofstelsels en religieuse simbolisme van die mens uitgeoefen; die verering van Moeder Aarde asook dié van die menslike en agrariese vrugbaarheid het hulle oorsprong duidelik in die tydperk ná die begin van die akkerbou.<ref>Eliade (1957), bl. 12</ref> Die hergeboorte van die Nuwe Heidendom is in kulturele opsig ook die hergeboorte van ou spirituele tradisies wat die natuur as 'n heilige en Goddellike sfeer ervaar en in die kollektiewe gedagtenis van die mens bewaar gebly het.<ref>Crowley (1998), bl. 17</ref>
 
Die hergeboorte van die Nuwe Heidendom is dus in kulturele opsig ook die hergeboorte van ou spirituele tradisies wat die natuur as 'n heilige en Goddellike sfeer ervaar en in die kollektiewe gedagtenis van die mens bewaar gebly het.<ref>Crowley (1998), bl. 17</ref>
 
Nieu-Heidense geloofstelsels bevat dan ook ongeag hulle uiteenlopende tradisies drie basiese beginsels<ref>Crowley (1998), bl. 23</ref>: