Hoek (meetkunde): Verskil tussen weergawes

653 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
[[Beeld:Angle Symbol.svg|120px|thumb|right|"∠", die simbool vir 'n hoek.]] In [[meetkunde]] en [[driehoeksmeting]], is 'n '''hoek''' die beeld wat op 'n plat [[vlak]] gevorm word deur twee [[straal (meetkunde)|strale]] wat 'n gemeenskaplike eindpunt het. Hierdie eindpunt word die [[verteks]] van die hoek genoem. Die grootte van die hoek is die "hoeveelheid rotasie" wat die twee strale skei en kan gemeet word deur die lengte van boog te meet wat deur die punt van een straal gevorm word as dit rondom die verteks geroteer word om saam te val met die ander straal.
 
== Inleiding ==
'n Hoek is 'n [[dimensie]]lose grootheid wat tradisioneel uitgedruk word in ''grade'' (°). 'n Hoek wat 'n hele sirkel vorm se grootte is 360°. As twee strale van 'n hoek loodreg ten opsigte van mekaar staan is die hoek tussen hulle 90°. 'n Graad word onderverdeel in 60 ''minute'' (') en 'n minuut kan weer in 60 ''sekondes'' (") word. 'n Hoek van 34 grade, 25 minute en 16 sekondes word as volg aangedui: 34°25'16". In die [[SI|SI-stelsel]] word 'n hoek in [[radiaal|radiale]] gemeet. By die meet van hoeke is die wiskundige eenheid '''[[pi]]''' ('''[[π]]''') belangrik. 'n Sirkel is gelyk aan 2π radiale.
 
 
8 945

wysigings