Hoek (meetkunde): Verskil tussen weergawes

776 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
No edit summary
 
== Inleiding ==
'n Hoek is 'n [[dimensie]]lose grootheid wat tradisioneel uitgedruk word in ''grade'' (°). 'n Hoek wat 'n hele sirkel vorm se grootte is 360°. As twee strale van 'n hoek loodreg ten opsigte van mekaar staan is die hoek tussen hulle 90°. 'n Graad word onderverdeel in 60 ''minute'' (') en 'n minuut kan weer in 60 ''sekondes'' (") word. 'n Hoek van 34 grade, 25 minute en 16 sekondes word as volg aangedui: 34°25'16". In die [[SI|SI-stelsel]] word 'n hoek in [[radiaal|radiale]] gemeet. By die meet van hoeke is die wiskundige eenheid '''[[pi]]''' ('''[[π]]''') belangrik. 'n Sirkel is gelyk aan 2π radiale. In ruimtemeetkunde bestaan daar 'n analoë begrip genaamd [[ruimtehoek]].
 
== Geskiedenis ==
Hoeke is reeds deur die [[Babilon|Babiloniërs]] (4000 tot 300 vC) bestudeer en gebruik in [[sterrekunde]] en [[boukunde]]. Die Babiloniërs het 'n getallestelsel gebruik wat op die getal "60" gebaseer was. Die toenmalige wiskundiges het die (3 gelyke) hoeke van 'n gelyksydige [[driehoek]] in 60 eenhede verdeel, wat vandag as ''grade'' bekend staan. Die graad is toe op soortgelyke wyse verder in 60 minute verdeel en die minute verder in 60 sekondes verdeel.
 
Die antieke Grieke het aan die hand van hulle kennis van hoeke reeds die omtrek van die [[Aarde]] asook die afstand na die [[Maan]]. [[Pythagoras]] het aangetoon dat die som van die hoeke in 'n driehoek 180° is.
 
 
 
 
8 945

wysigings