Verskil tussen weergawes van "Slag van Majuba"

12 grepe bygevoeg ,  13 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (robot Bygevoeg: de:Schlacht am Majuba Hill)
Die '''Slag van [[Majuba]]''' was die laaste van vier militêre botsings tussen [[Groot-Brittanje]] en die [[Boere]] van [[Transvaal]] gedurende die [[Eerste Vryheidsoorlog]] ([[Desember]] [[1880]] - [[Maart]] [[1881]]. Dit het op [[27 Februarie]] [[1881]] plaasgevind. Die klinkende en vernederende oorwinning wat die Boere behaal het, het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee, nadat dit op [[12 April]] [[1877]] geannekseer is ('n verbreking van die [[Sandrivier-konvensie]] van [[1852]]).
 
Na die Britse anneksasie van Transvaal het die Boere op [[8 Desember]] [[1880]] te [[Krugersdorp|Paardekraal]] (wat later [[Krugersdorp]] geword het) tydens 'n protesvergadering die onafhanklikheid van Transvaal uitgeroep. Dit was die begin van die Eerste Vryheidoorlog. Die Boere het al die Britse garnisoene onder beleg geplaas en die eerste militêre botsing by [[Bronkhorstspruit]] oortuigend gewen.
 
Generaal-majoor Sir [[George Pomeroy Colley]] was die opperbevelvoerder van die Britse magte in [[Suid-Afrika]], asook die goewerneur van Natal en Hoë Kommissaris oor die Britse Kolonies in Suidelike Afrika, 'n briljante man met 'n uitstekende militêre rekord en voormalige professor aan die [[Sandhurst]] [[Militêre Akademie]] in Engeland. Hy het 'n opmars van [[Natal]] na [[Pretoria]] begin om die garnisoene te ontset. Hy het met 1200 troepe kamp opgeslaan op die plaas [[Mount Prospect]], suid van Laingsnek.
8 945

wysigings