Verskil tussen weergawes van "Hilo"

1 920 grepe bygevoeg ,  13 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
 
Hilo is die setel van die Universiteit van Hawai'i te Hilo en beskik oor sy eie internasionale lughawe. Vanweë sy ligging aan die oostelike loefkant van die eiland Hawai'i is Hilo een van die reënrykste nedersettings in die deelstaat.
 
==Geskiedenis==
Alhoewel argeologiese bewyse skaars is, was die gebied langs Hilobaai en die Wailuku- en Wailoariviere al voor die aankoms van die eerste Europeërs bewoon. Teen die begin en die middel van die [[19de eeu]] het die eerste Christelike sendelinge na die gebied gekom en verskeie kerke, waaronder Hailikerk, opgerig.
 
Hilo het saam met die plaaslik suikerbedryf gegroei wat talle Asiatiese gasarbeiders gelok het en uiteindelik tot 'n handelsentrum ontwikkel. 'n Hawehoof in Hilobaai is in [[1929]] voltooi.
 
Hilo is verskeie deur natuurrampe geraak. Op [[1 April]] [[1946]] het 'n aardbewing naby die Aleüte-eilande, wat 7.8 op die Richter-skaal gemeet het, 'n tsunami met 'n hoogte van 14 meter veroorsaak wat Hilo ure later getref en 160 menselewens geëis het. As 'n reaksie hierop is 'n vroeë waarskuwingstelsel, die ''Pacific Tsunami Warning Center'', ingestel om hierdie dodelike golwe op te spoor en die bevolking betyds te kan waarsku.
 
'n Tweede tsunami, wat op die vorige dag deur 'n 9.5-aardbewing voor die [[Chili|Chileense]] kus veroorsaak is, het op [[23 Mei]] [[1960]] menselewens geëis nadat bewoners na bewering nie op die sirenes van die waarskuwingstelsel gelet het nie. Laer geleë gebiede langs die baai op Waiākea-skiereiland en langs Hilobaai, wat voo die tsunami nog bewoon was, is ná die ramp omgeskep in parke en gedenkmonumente.
 
Sedert die 1960's het Hilo in die binneland uitgebrei. Die middestad het in die 1980's tot die kulturele sentrum van Hilo met verskeie kunsgalerye en musea ontwikkel.
 
Die sluiting van suikerplantasies gedurende die 1990's, wat met 'n algemene ekonomiese slapte in die hele deelstaat gepaardgegaan het, het 'n nadelige invloed op die plaaslike ekonomie gehad. Met die naburige Puna-distrik se ontwikkeling tot die vinnigste groeiende gebied in die deelstaat het ook Hilo weer 'n ekonomiese opswaai beleef, en sy bevolking het weer gegroei.
 
[[Kategorie:Hawaiï]]