Verskil tussen weergawes van "Elektromagnetisme"

k
'n Magdom navorsers was direk en indirek betrokke by die ontwikkeling van die beginsels van elektromagnetiese teorie. Hulle sluit onder andere die volgende in: Oersted, [[Lorentz]], [[Karl Friedrich Gauss]], [[Charles Coulomb]], [[André-Marie Ampére]], [[Michael Faraday]], Maxwell sowel as [[Hertz]].
 
In 1820 het [[Hans Christian Oersted]], 'n [[SwedenSwede|Sweedse]] [[professor]] van [[fisika]], 'n verband tussen elektrisiteit en magnetisme aangekondig.
 
[[James Clerk Maxwell]], 'n [[Skotland|Skotse]] professor van natuurlike [[filosofie]], staan egter kop en skouers bo alle wetenskaplikes in hierdie rigting uit. Hy het breedvoerige [[wiskunde|wiskundige]] analises uitgevoer en dié stel vergelykings opgestel waarin al die verskeie bydraes van sy voorlopers op die terrein van elektrisiteit en magnetisme saamgevat word. Hierdie stel vergelykings is dan ook na hom vernoem.
 
In 1888 het 'n [[Duitsland|Duitse]] [[fisikus]], [[Heinrich Rudolph Hertz]], deur middel van eksperimentele ondersoek van [[lae-frekwensie]] [[elektromagnetiese golwe]], Maxwell se voorspellings en vergelykings gestaaf.
 
 
== Teorie ==
1 665

wysigings