Uusimaa: Verskil tussen weergawes

4 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
k
k (→‎Geskiedenis: skakel)
== Geskiedenis ==
[[Beeld:Pyhän Laurin kirkko.jpg|thumb|left|250px|left|15de eeuse kerk in Helsinge, Vantaa]]
In die [[9de eeu]], die tydperk van die [[Wikings]], het 'n belangrike handelsroete in wes-oostelike rigting deur die gebied geloop. Nog in die [[12de eeu]] was Uusimaa yl bevolk deur Este en mense uit Häme, wat die gebied as hulle seetoegang gebruik het. In die loop van die 12de eeu is Uusimaa by [[Swede]] ingelyf, en groot getalle setlaars, onder meer uit die Sweedse landskap Helsingland, het hulle in Uusimaa gevestig. Ook die gebied se naam ("Uusimaa/Nyland", letterlik "Nuweland") is van die feit afgelei dat mense hulle in dié streek in vergelyking met die historiese hartland van Finland, Varsinais-Suomi, relatief laat gevestig het.
 
Nadat Swede Finland in [[1809]] aan die Russiese tsaar moes afstaan, het die administratiewe verdeling in landskappe minder belangrik geword. Die administratiewe setel van die land is van Helsinki na Turku (Åbo) verskuif. Die aantal Finstaliges het geleidelik begin toegeneem.
10 744

wysigings