Verskil tussen weergawes van "Pous Silvester II"

Geen grootteverandering nie ,  12 jaar gelede
k
[[Image:Sandro Botticelli 052.jpg|thumb|right|200px|'n Armillaarsfeer (sonder rigkykers) in 'n skildery van [[Sandro Botticelli]], ±1480.]]
Aan die einde van die Grieks-Romeinse era het die kennis van die armillaarsfeer in Europa verlore gegaan. Silvester het die sfeer teruggebring via Al-Andalus in die laat 10de eeu. Die besonderhede van die sfeer is vervat in 'n brief van Silvester aan sy student die monnik Remi van [[Trèves]], sy kollega ab Konstantyn van Micy en die Franse edelman Richer, wat 'n monnik in [[Reims]] was. Richer berig dat Silvester ontdek het dat sterre skuins oor die nagtelike hemel beweeg. Richer beskryf ook hoe Silvester die sfeer gebruik het om wiskunde en sterrekunde te doseer en hoe hy die ringe en merke op die sfeer gerangskik het.
Die historicushistorikus Oscar G. Darlington lei daaruit af dat Silvester 'n sirkel in 60 pleks van 360 grade verdeel het sodat die lengte lyne presies ses grade uitmekaar was. Silvester het die poolsirkel by 26 grade geplaas, net 'n bietjie weg van die korrekte 23 grade 28 minute. Die plasing van die kreefskeerkring was amper reg en die van die ewenaar heeltemal reg. Die armillaarsfeer is ook deur Silvester gebruik om die planete waar te neem. Silvester het buise as rigkykers aan die sfeer geheg om sterrebeelde te kan waarneem. In 'n brief aan Konstantyn skryf hy dat om die poolster te identifiseer, moet die rigkyker op 'n kandidaat-ster gerig word en indien die ster nie uit die gesigsveld skuif nie, dan is dit die poolster.
 
==Die legende van Silvester II en toordery==
10 731

wysigings