Verskil tussen weergawes van "Pous Silvester II"

Geen grootteverandering nie ,  12 jaar gelede
k
'''Pous Silvester II''' was as geleerde ver voor sy tyd. Hy het 'n reeks boeke oor die 'quadrivium' (Die vierde en nagraadse gedeelte van universitêre studie wat rekenkunde, meetkunde, sterrekunde en musiek ingesluit het). Hy het is Spanje Arabiese syfers geleer en kon ingewikkelde berekeninge doen wat baie moeilik was vir mense wat met Romeinse syfers gewerk het. Toe hy nog in Reims was, het hy 'n gevorderde hidrouliese orrel gebou wat alle bestaande orrels oortref het. Silvester het ook die telraam heringevoer in Europa en is waarskynlik die outeur van die beskrywing van die astrolabium wat eers 50 jaar later deur Hermannus Contractus uitgegee is. Die uitvinding van die meganiese klok word ook aan hom toegeskrywe.
 
==Silvester II en die Armillaarsfeerarmillaarsfeer==
[[Image:Sandro Botticelli 052.jpg|thumb|right|200px|'n Armillaarsfeer (sonder rigkykers) in 'n skildery van [[Sandro Botticelli]], ±1480.]]
Aan die einde van die Grieks-Romeinse era het die kennis van die armillaarsfeer in Europa verlore gegaan. Silvester het die sfeer teruggebring via Al-Andalus in die laat 10de eeu. Die besonderhede van die sfeer is vervat in 'n brief van Silvester aan sy student die monnik Remi van [[Trèves]], sy kollega ab Konstantyn van Micy en die Franse edelman Richer, wat 'n monnik in [[Reims]] was. Richer berig dat Silvester ontdek het dat sterre skuins oor die nagtelike hemel beweeg. Richer beskryf ook hoe Silvester die sfeer gebruik het om wiskunde en sterrekunde te doseer en hoe hy die ringe en merke op die sfeer gerangskik het.
12 721

wysigings