Verskil tussen weergawes van "Mokopane"

470 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
Nog inligting
(Nog inligting)
(Nog inligting)
'''Potgietersrus''', amptelik '''Mokopane''', is 'n stad in die [[Limpopoprovinsie]] van [[Suid-Afrika]]. Die dorp was oorspronklik deur die [[Voortrekker]]s gestig en vernoem na die Voortrekker leier [[Piet Potgieter]]. Die naam is na Mokopane verander in [[2003]], die naam van die kaptein wat vir Piet Potgieter vermoor het. Dit is die tuiste van [[Ndebele (taal)|Noord-Ndebele]] sprekende stamme, [[Engels]], [[Afrikaans]], [[Noord-Sotho]], en [[Xitsonga|XiTsonga]] sprekers.
 
Daar is vyf koninkryke in die omgewing: Kekana (Moshate), Langa (Mapela), Gegana (Mshade), Lebelo (Garasvlei) en Langa (Bakenburg). Die stad se naam sou eers na ''Mngombane'' verander word omdat die oorspronklike koning se naam ''Mngombane'' was (en nie Mokopane nie).
 
==Toerisme==
Die stad is net twee ure se ry vanaf Gauteng af, en is dus die perfekte oor-stop vir reisigers op pad na [[Botswana]], [[Zimbabwe]] en die [[Krugerwildtuin]]. Die gebied is tipies bosveld met baie akasia bome en aalwyne, wat op hulle mooiste vertoon in Junie en Julie.
 
==Ekonomie==
Potgietersrus is een van [[Suid-Afrika]] se rykste landbou areas en produseer koring, tabak, katoen, vleis, mielies, grondbone en sitrus. Die Zebediela sitrus landgoed, 55 km na die suidooste, is een van die grootste sitrusplase in die suidelike halfrond.
 
Die area is ook ryk aan minerale, met die ontginning van platinum, diamante en graniet as hoof bedrywighede in die omgewing.
 
{{Saadjie}}