Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Geen grootteverandering nie, 11 jaar gelede
Meer inligting
==Vroeër lewe==
Coertse is in [[Durban]], [[KwaZulu-Natal]] gebore. Sy matrikuleer by die Helpmekaar Meisies Hoërskool in [[Johannesburg]]. In 1949 begin sy haar vokale studies in Suid-Afrika<ref>H. Rosenthal en J. Warrack, ''Concise Oxford Dictionary of Opera'' (OUP, Londen 1974 druk).</ref>. In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, [[Dawid Engela]]. Sy verlaat Suid-Afrika in September 1953 vir [[Londen]], reis later na [[Den Haag]] en uiteindelik na [[Wene]]. In begin in Januarie 1954 haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt.
 
==Later jare==
Sedert haar terugkeer na [[Suid-Afrika]] in 1973 was sy 'n gereelde gas op Suid-Afrikaanse verhoeë en ook 'n gereelde uitsaaier op radio en televisie. Sy het haarself ook haar toegespits om jong Suid-Afrikaanse sangers uit te wys en op te lei. In 1998 stig Mimi Coertse en [[Neels Hansen]] die "Black Tie Ensemble", 'n ontwikkelingsprojek wat jong, klassiek-opgeleide sangers die geleentheid bied om die gaping tussen hulle opleiding en 'n professionele optrede te oorbrug.
 
==Vererings en toekennings==
* 2004: sy behaal 'n 94ste plek in die SAUK3 se stemming om die grootste Suid-Afrikane te bepaal
 
<!--
== Notas ==
{{verwysings}}
 
-->
== Literatuur ==
* Helmuth Furch, 'Die Wiener Jahre von Kammersängerin Mimi Coertse,' ('Die Weense jare van kammersangeresse Mimi Coertse'), ''Bulletin of Museums- und Kulturverein Kaisersteinbruch'' No. 41, 20-56, Maart 1996: ook 'Mimi Coertse, die hochgeschätzte Konzert- und Liedsängerin' (Mimi Coertse, die hooggeskatte Konsert- en Liedjiesangeres), ''ibid.'' No. 52, 33-54, Desember 1998.