Verskil tussen weergawes van "Operasie Gomorrha"

geen wysigingsopsomming nie
Die Operasie Gomorrha het vyf nagtelike bomaanvalle behels wat deur die Britse Royal Air Forece uitgevoer is, asook twee Amerikaanse lugaanvalle wat deur die USAAF bedags uitgevoer is.
 
Die lugaanvalle het snags op 24 Julie 1943 begin toe Hamburg deur 791 Britse bomwerpers aangeval is. Die mikpunt van die aanval was die St.-Nikolai-kerk in die stadsentrummiddestad, maar as gevolg van foutiewe markerings is 'n uitgestrekte gebied deur die aanval geraak. Nogtans het grootskaalse brande in die binnestad in Hoheluft, Eimsbüttel en Altona uitgebreek. Ook 'n aantal voorstede in die noordweste is deur die lugaanval geraak. Die lugbeskermingsdiens het die aantal slagoffers wat gedood is op sowat 1&nbsp;500 mense beraam.<ref>Brunswig, Hans: ''Feuersturm über Hamburg''. Stuttgart 1978, bl. 206</ref>
 
In die namiddag van 25 Julie het 40 Amerikaanse bomwerpers teikens in die seehawe van Hamburg aangeval. 'n Aantal skepe is gesink en sommige ruoliefabrieke getref.
 
Smiddags op 26 Julie het 71 AmrikaanseAmerikaanse bomwerpers nog eens teikens in die hawegebied gebombardeer en onder meer die kragsentrale Neuhof getref. As gevolg van die twee Amerikaanse aanvalle het sowat 150 mense hulle lewens verloor.<ref>Brunswig (1978), bl. 210</ref>
 
Die vierde aanval, wat snags op 26 Julie deur ses Britse Mosquito-vliegtuie uitgevoer is, was sogenaamde steuringsaanvalle wat slegs klein skade berokken het.
 
Die tweede groot Britse lugaanval snags op 27 Julie is egter deur 739 bomwerpers uitgevoer. Die hoofmikpunt van die bombarderings was stadsbuurtebuurte wat oos van die binnestad geleë was. As gevolg van die ongewone weerstoestande in Hamburg het die grootskaalse brande 'n vuurstorm ontketen. Orkaansterkte-winde, wat oor die grond gewaai het, het die woedende brande vinnig laat versprei en buite beheer raak. Die stadsbuurte Rothenburgsort, Hammerbrook en Borgfelde is volledig verwoes, en ook in Hamm, Eilbek, Hohenfelde, Barmbek en Wandsbek is grootskaalse skade berokken. Sowat 30&nbsp;000 mense het hul lewens verloor.
 
Die derde groot Britse lugaanval snags op 29 Julie is deur 726 bomwerpers uitgevoer, en veral die stadsbuurte Barmbek, Uhlenhorst en Winterhude is deur die bombarderings geraak. Ondanks die grootskaalse brande en die feit dat Barmbek net soos Hammerbrook digbevolk en dig beboud was is hier geen vuurstorm ontketen nie. Die presiese aantal slagoffers is nie bekend nie en word op sowat 1&nbsp;000 mense beraam.<ref>Brunswig (1978), bl. 259</ref>
 
Die sewende en laaste groot aanval is snags op 2 Augustus deur 740 Britse bomwerpers uitgevoer. Vanweë 'n donderstorm wat oor Hamburg gewoed het kon die bombarderings nie doelgerig uitgevoer word nie. Ondanks 'n aantal groter brande (byvoorbeeld in die Staatsoperahuis van Hamburg) is daar geen grootskaalse vuurskadebrandskade berokken nie. Die antalaantal slagoffers is nie bekend nie, maar was waarskynlik duidelik kleiner as dié van die eerste of derde groot Britse lugaanval.
 
==Aanvalstegniek==
Vir die bombarderings is 'n mengsel van brisant- en brandbomme gebruik. Die brisantbomme is doelgerig afgewerp en het met hulle drukkrag die dakke van huise afgeruk sodat die fosfoorfosfor van die opvolgende brandbomme regstreeks in die woonstelle en trappehuise beland het. Trappehuise was gewoonlik uitsluitlik van hout gemaak en het sodoende die vlamme na die laagste verdiepings oorgedra sodat die huise volledig uitgebrand het.
 
Die aanvalle was steeds beperk tot 'n bepaalde sektor van die stad. Die toring van die St. Nikolai-kerk met 'n hoogte van 147,3 meter het as 'n sentrale uitgangspunt gedien. Die kerk se bouvalle is ná die oorlog nie heropgebou nie en dien vandag as 'n oorlogsmonument. Hulle huisves daarnaas 'n permanente tentoonstelling oor Operasie Gomorrha.
Anonieme gebruiker