Verskil tussen weergawes van "Deeltjieversneller"

Geen grootteverandering nie ,  13 jaar gelede
Opdateer
(Nuwe blad: 'n '''Partikelversneller''' is 'n apparaat waarin gelaaide partikels of antiprotone tot hoë energievlakke gebring word deur hulle tot naby die snelheid van lig te versnel. Hierdi...)
 
(Opdateer)
'n '''Partikelversneller''' is 'n apparaat waarin gelaaide [[partikel]]s of [[antiprotone]] tot hoë energievlakke gebring word deur hulle tot naby die snelheid van lig te versnel. Hierdie versnelling gebeur met behulp van sterk [[elektriese veld|elektriese velde]].
 
Mens sou alledaagse toestelle soos die [[televisie]] en die [[katodestraalbuis|rekenaarmonitor]] kan beskou as partikelversnellers (met lae energievlakke van omtrent 30 [[keV]]) kan beskou, net soos die apparate wat gebruik word tydens die opwek van [[X-strale]]. Tydens die produksie van [[radio-isotope]] vir mediese gebruik kan 'n partikelversneller ook as alternatief vir die omgewingsonvriendelike kern-metode gebruik word.
 
OmBaie groot partikelversnellers word gebruik om die kleinste boustene van [[materie]] en [[antimaterie]] te bestudeer word baie groot partikelversnellers gebruik. Daar kan onderskei word tussen liniêre- en magnetiese versnellers. By laasgenoemde word die deeltjies deur die [[lorentzkrag]] van 'n sterk [[magnetiese veld]] in 'n sirkelvormige baan gedwing. Magnetiese versnellers word verder opgedeel in [[cyclotron]]s, [[betatron]]s en [[synchrotron]]s.
 
Die cyclotron is deur [[Ernest Lawrence]] in [[1929]] ontwerp. Hy gebruik die cyclotron vir eksperimente met deeltjies van 1 [[MeV]]. Dit eerste cyclotron het 'n deursnee van slegs 10 cm gehad. Cyclotrons word tans gebruik vir die bestraling van [[kanker|kankerpasiënte]].