Verskil tussen weergawes van "Orkaan Katrina"

k
Kosmetiese veranderinge
k (Kosmetiese veranderinge)
|≥1 836

|Gebiede, wat
deur Katrina geraak is::
|[[Bahama-eilande]],
[[Florida]],
[[Kuba]], [[Louisiana]] (veral
[[New Orleans]]), [[Mississippi]],
[[Alabama]]
Groot dele van die
oostelike vasteland van
[[Noord-Amerika]]
|}Die tropiese '''Orkaan Katrina''' was een van die ergste natuurrampe wat die [[Verenigde State]] ooit getref het. Die storm het in [[Augustus]] [[2005]] meer as 1 800 menselewens geëis - die grootste aantal slagoffers sedert die Okeechobee-orkaan van die jaar [[1928]] - en 'n skade van 81,2 miljard VSA-dollar berokken, die hoogste wat ooit by 'n natuurramp in die VSA aangeteken is. Die VSA-regering moes net soos die plaaslike owerhede kritiek verduur nadat hulle die uitwerkings van die orkaan aanvanklik onderskat het en noodmaatreëls te laat getref is. Ook die reddingsaksies is nie doeltreffend gekoördineer nie. Die federale, staats- en plaaslike owerhede se onvermoë om hierdie natuurramp doeltreffend te hanteer is deur die Amerikaanse Kongres ondersoek, en Michael Brown, die hoof van die ''Federal Emergency Management Agency'' [[FEMA]], die ramphanteringsagentskap van die Departement van Binnelandse Veiligheid in Washington, DC, het as gevolg van skerp kritiek oor sy optrede bedank.
[[Beeld:Katrina 2005 track.png|thumb|left|250px|Die baan van Katrina]]
Groot skade is in stede soos Slidell (Louisiana), [[Mobile]] ([[Alabama]]) en Waveland, Biloxi en Gulfport (Mississippi) berokken. Damwalle, wat die Pontchartrainmeer van die stad New Orleans geskei het, is deur die orkaan gebreek. Vier vyfdes van die stadsgebied van New Orleans en 'n groot deel van die omliggende gebiede is weke lank oorstroom. Groot windskade is ook in die binneland veroorsaak.

== Die verloop van die storm ==

Katrina is op 23 Augustus as die twaalfde tropiese orkaan-laagdrukgebied oor die suid-oostelike Bahama-eilande gevorm. Die orkaan het as gevolg van die wisselwerking tussen 'n tropiese golf en die oorblyfsels van die tiende tropiese laagdrukgebied-storm ontstaan. Aangesien die meteorologiese omstandighede gunstig was vir die vorming van 'n groter storm, het die laagdrukgebied reeds teen die oggend van 24 Augustus orkaansterkte bereik en is voortaan "Katrina" genoem. Katrina het toe in die rigting van die deelstaat Florida beweeg.
Die orkaan, wat intussen weer tot graad 3 verswak het, het vroeg soggens op 29 Augustus die suidkus naby Buras-Triumph in Louisiana met windsnelhede van 200 km/h bereik. Katrina het vervolgens oor die suid-oostelike Louisiana beweeg en haar orkaansterkte bybehou totdat sy die deelstaat Mississippi bereik het. Naby die hoofstad Jackson, sowat 240 kilometer noord van die Golfkus, het die orkaan verswak. Naby Clarksville in Tennessee is die orkaan tot 'n tropiese laagdrukgebied afgeskaal, maar sy uitlopers het op 31 Augustus selfs die gebied van die oostelike [[Groot Mere]] en die [[Kanada|Kanadese]] provinsies [[Ontario]] en [[Québec (provinsie)|Québec]] nog geraak.

== Die gevolge ==
[[Beeld:KatrinaNewOrleansFlooded.jpg|thumb|right|200px|Oorstromings in New Orleans]]
Tot dusver is 1 302 sterfgevalle amptelik bevestig, terwyl volgens die Amerikaanse TV-nuuskanaal CNN in Januarie 2006 nog steeds sowat 3 200 mense vermis word. Die burgemeester van New Orleans, Ray Nagin, het die aantal sterfgevalle aanvanklik selfs op sowat 10 000 geraam.
Aangesien ook konvooie van nooddienste aangerand is, is polisiemanne uit New Orleans ontbied om teen die bendes op te tree. Weens die groot aantal plunderaars en die feit dat die tronke en polisiestasies ook oorstroom is, was daar egter geen kans om misdadigers vir 'n lang tyd aan te hou.

[[Kategorie:Natuurrampe]] [[Kategorie:Storms]]
[[Kategorie:Storms]]

[[ar:إعصار كاترينا]]
13 247

wysigings