Verskil tussen weergawes van "Mail & Guardian"

geen wysigingsopsomming nie
Die '''Mail & Guardian''' is 'n [[Suid-Afrika]]anse [[koerant]] wat in [[1985]] begin is deur 'n groep joernaliste wat oortollig verklaar is na die sluiting van die ''[[Rand Daily Mail]]'' en die ''[[Sunday Express (Suid-Afrika)|Sunday Express]]''. 'n Ander groep van die personeellede het ''[[Business Day]]'' uit die ''[[Rand Daily Mail]]'' se sakeseksie begin. Die koerant het aanvanklik bekend gestaan as die '''Weekly Mail''' en is weens finansiële oorwegings as 'n weekblad uitgebring. Die stigterslede het die redakteur Irwin Manoim en [[Anton Harber]] ingesluit. Die eerste uitgawe het op Vrydag [[13 Junie]] [[1985]] verskyn. Die hoofartikel het gehandel oor die Suid-Afrikaanse polisie se aanhouding van [[Mosambiek]]se werkers wat dan aan [[Renamo]] oorhandig is. Die koerant was een van die eerste koerante ter wêreld wat [[Apple Macintosh]] lessenaarsetwerk gebruik het.<ref>Mail & Guardian, '' [http://www.mg.co.za/articleflat.aspx?articleid=553&area=mg_flat A brief history]'', Besoek op 17 Februarie 2007</ref> <ref name = "MG" > Mail & Guardian, '' [http://www.mg.co.za/articleflat.aspx?articleid=555&area=mg_flat HISTORY OF THE MAIL & GUARDIAN]'', Besoek op 17 Februarie 2007</ref>
 
Die ''Weekly Mail'' het fel kritiek gelewer op die [[Nasionale Party]] regering, die [[Apartheid]]beleid en regeringsopterede wat daarmee gepaard gegaan het. Reeds in [[1986]] is 'n uitgawe van die winkelrakke verwyder as gevolg van verslaggewing oor die Tweede Noodtoestand wat deur [[Pieter Willem Botha|PW Botha]] verklaar is. In [[1988]] is die koerant dan ook vir 'n tyd lank verbanverbied. <ref name = "MG" />
 
In 1994 is ''Mail & Guardian Online'' gestig om die eerste Internet-nuuspublikasie in [[Afrika]] te word. Die [[London]] gebaseerde Guardian Media Groep (GMG), uitgewers van die ''Guardian'' het in 1995 die hoofaandeelhouer geword en die koerant se naam is verander na ''Mail & Guardian''. GMG het die meeste van die groep se aandele in 2002 aan die [[Zimbabwe]]se Koerantmagnaat [[Trevor Ncube]] verkoop<ref>{{cite web|url=http://www.mg.co.za/articledirect.aspx?area=mg_flat&articleid=6087 |title=Trevor Ncube buys Mail&Guardian |accessdate=2006-11-29 |last=Buckland |first=Matthew |publisher=Mail&Guardian }}</ref>. GMG besit steeds 10% van die maatskappy.
84 972

wysigings