Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
Sintaks
 
===Laag 2: Dataverbindingslaag ===
Die Dataverbindingslaag verskaf die funsionele en prosedurele vermoë om data tussen netwerk eenhede oor te dra en om enige moontlike foute wat in die Fisiese laag mag voorkom op te spoor en reg te stel. Die adresseringskema is fisies wat beteken dat die adresse ([[MAC-adres]]se) in die netwerk-kaarte se elektronika tydens vervaardiging ingekodeer is. Die adresseringskema is plat. '''Let wel:''' Die mees bekende voorbeeld van hierdie laag is [[Ethernet]]. Ander voorbeelde van protokolle in die verbindingslaag is [[HLDC]] en [[ADCCP]] vir punt-tot-punt of [[pakkie]]geskakelde netwerke en [[Aloha protokol|Aloha]] vir lokale area netwerke. Op [[IEEE 802]] lokale area netwerke en sommige nie-IEEE 802 netwerke soos [[FDDI]] kan hierdie laag geskei word in 'n [[MAC]]-laag (en: Media Access Control]] en die [[IEEE 802.2]] [[Logiese Skakelbeheer]]laag (en: LLC of Logical Link Control).
 
Hierdie laag is die laag waarin [[Netwerkbrug|brûe]] en [[netwerkskakel|skakels]] werk. Verbinding word voorsien slegs tussen plaaslik verbinde netwerknodes. Party mense redeneer egter dat daar 'n tussenlaag (laag 2.5) moet wees vir laasgenoemde toestelle.