Verskil tussen weergawes van "Wynbou in Chili"

k
Kosmetiese veranderinge
k (Skakeling na wyn)
k (Kosmetiese veranderinge)
[[Beeld:Elqui valle.jpg|right|thumb|270px|Wingerde in die Valle del Elquí]]Die '''wynbou in [[Chili]]''' het 'n lang tradisie en trek voordeel uit die besonder gunstige klimaattoestande in die land. Warm temperature bedags en somernagte, waartydens die lug in die wingerde soms tot minder as 10 °C afkoel, is belangrike klimatiese voorvereistes vir Chili se ryk [[wyn]]e met hulle kenmerkende komplekse smake. Danksy die laer werkkoste het Chili op die wêreldmark reeds 'n strawwe mededinger vir die Franse wynboubedryf geword.
 
== Geskiedenis ==
 
Die eerste wingerde in Chili is reeds teen die middel van die [[16de eeu]] deur die Spaanse veroweraars aangelê, waarvoor tipiese Spaanse druiwesoorte soos Albilho, Moscatel, Pais (Negra Peruana) en Torontel gebruik is. Volgens historiese oorlewerings het die Engelse piraat Francis Drake al in [[1578]] 'n Spaanse skip gekaap, wat 1 770 wynsakke van Chili na Peru vervoer het. Waarskynlik is teen hierdie tyd reeds wyn uit Chili uitgevoer.
Die buitengewone sukses van Chileense wyne het vervolgens 'n aantal bekende beleggers uit die buiteland gelok, waaronder Rothschild, Larose Trintaudon, Grand Manier, Robert Mondavi en die Christian-gebroeders.
 
== Tipiese Chileense wynsoorte ==
 
Die ou Carménère-druiwesoort uit Bordeaux word as Chili se mees tipiese wynsoort beskou, en die plaaslike wynbedryf is die enigste ter wêreld wat dit grootskaals en op 'n professionele manier verbou. Net soos die druiwesoorte Cabernet Sauvignon, Syrah, Merlot en Pinot Noir word Carménère deur ander lande se wynbedrywe, wat deur siektes gepla is, heringevoer.
== Wynbougebiede ==
[[Beeld:S4021096.JPG|thumb|right|250px|Chileense wyne]]
Chili strek oor 'n lang afstand in noord-suidelike rigting en behels 'n aantal verskillende klimaatgebiede. Die wynbedryf is gekonsentreer op vier hoofsaaklike wynbougebiede, wat in kleiner streke verdeel word en almal tussen die 30ste en 38ste breedtegraad lê.
 
#Wynbougebied [[Región de Coquimbo|Coquimbo]]
*[http://www.sag.gob.cl/pls/portal/URL/PAGE/PG_SAG_LABOR/LABOR_INSYPROD/LABOR_VINOS/ Wyn in die Chileense Departement van Landbou SAG]
 
[[Kategorie:Wyn]] [[Kategorie:Chili]]
[[Kategorie:Chili]]
 
[[de:Weinbau in Chile]]
13 247

wysigings