Verskil tussen weergawes van "Konserwatiewe Party"

k
Sintaksfout
k (Sintaksfout)
Die spanning is in Februarie [[1982]] op die spits gedryf toe die eerste minister, [[Pieter Willem Botha|P.W. Botha]] die grondslag vir magsdeling tussen die wit, bruin en Indiërbevolking geherdefinieer het. Dr. Treurnicht en sy volgelinge het volgehou die grondwetlike voorstelle, soos in [[1977]] deur die kiesers gesteun, het neergekom op aparte parlemente vir elke groep. Hulle sou geen inperking van wit politieke mag duld nie. Botha weer, het aangedring elke soewereine staat kan net een soewereine parlement hê en dat die drie groepe dus konsensus-besluite oor alle sake wat van algemene belang was, sou moes bereik.
 
Tydens 'n parlementêre koukus van die [[Nasionale Party]] het 22 lede buite stemming gebly of teen 'n mosie van vertroue in die eerste minister gestem. In die daaropvolgende dae het ses lede hulle vertroue in die eerste minister herbevestig, maar die oorblywende 16 het later bedank of is uit die N.P. geskop. Buiten Treurnicht, wat minister van staatsadministrasie was, het die groep nog 'n minister, dr. [[Ferdie Hartzenberg]], minister van onderwys en opleiding, ingesluit. Albei het uit die kabinet bedank.
 
==Stigting==