Verskil tussen weergawes van "Kuruman"

3 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
k
tikfoute
k (spelling)
k (tikfoute)
'''Kuruman''' is 'n voormalige Engelse sendingstasie en die grootste dorp in die munisipaliteit Ga-Segonyana van die distrik Kgalagadi (provinsie [[Noord-Kaap]]). Die geskatte bevolking in 2008 was 12&nbsp;244 mense. Die dorp is 1&nbsp;131 meter bo seevlak op die Ghaap-plato en langs die hoofpad tussen [[Johannesburg]] en [[Upington]] geleë en vernoem na Khudumaan, 'n 18de eeuse Boesmanleier wat in die omgewing sy heilige plek ingerig het.<ref>ClassenClaassen, Isabel: ''Kuruman 1887-1987''. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 32, nommer 11, November 1987, bl. 14</ref>
 
Die sendingstasie is in [[1821]] deur eerw. [[Robert Moffat]] (1795-1883), 'n boorling van Ormiston in [[Skotland]], en sy vrou Mary van die Londense Sendinggenoootskap gestig. Die Moffats het hulle hier gevestig om uiteindelik vyftig jaar lank onder die Tswanas te werk. Die dorp Kuruman het in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom. Een van die bekende bakens hier is die Oog van Kuruman, 'n fontein (en sedert die jaar 1992 ook 'n nasionale monument) wat 'n volle 20 miljoen liter water per dag lewer in die middel van die halfwoestyn. Kuruman staan derhalwe ook bekend as die "Oase van die Kalahari".
Die Londense Sendinggenootskap het in 1876 die Moffat-instituut vir die opleiding van Swart evangeliste in die lewe geroep. Vyf kilometer van hierdie instituut het die dorp Kuruman in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom.
 
In 1844 het die reisiger Henry Methuen melding gemaak van die Wonderwerk-grot sowat veertig kilometer buite Kuruman. Hierdie groot dolomitiese kalksteengrot strek vir 140 meter horisontaal in die voet van die Kurumanheuwels se oosterste flank in. Sy bekendste kenmerk is 'n stalagmiet-"standbeeld" vlak by die ingang wat 'n hoogte van meer as vyf meter bereik.<ref>ClassenClaassen (1987), bl. 17</ref>
 
Rotstekeninge, wat in die Wonderwerk-grot ontdek is, beeld diere en raaiselagtige onderwerpe in rooi, geel, swart en wit uit en kom oral op die grot se wande tot 'n diepte van sowat veertig meter voor. Hulle is ongelukkig al sedert die vroeë 20ste eeu erg beskadig deur graffiti.
=="Die Oog" van Kuruman==
[[Beeld:The Eye (Kuruman).jpg|thumb|right|250px|Die Oog van Kuruman]]
Die "Oog van Kuruman" in die dorp se hoofstraat is 'n natuurwonder en ook die rede vir die dorp se bestaan. Hierdie fontein, wat uit 'n dorre dolomietrots aan die voet van die Kurumanheuwels ontspring, lewer daagliks sowat twintig miljoen liter vars water op en voorsien sodoende in Kuruman se huishoudelike en nywerheidsverbruik.<ref>Claassen (1987), bl. 15</ref> 'n Plaaslike legende lui "hy wat een maal van die oog se water gedrink het, kom altyd weer terug om sy dors te les".<ref>ClassenClaassen (1987), bl. 17</ref>
 
Die eerste blanke reisiger, wat die Oog op 22 November 1801 ontdek het, was Samuel Daniel, die sekretaris, dagboekskrywer en skilder van die Truter-Somerville-ekspedisie.<ref>[http://www.kurumankalahari.co.za/ga-segon_4_attr.htm#the_eye ''www.kurumankalahari.co.za: Die Oog''] {{en}}</ref>