Verskil tussen weergawes van "Robert Broom"

12 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
k (robot Bygevoeg: pl:Robert Broom)
Hy het groot geword te midde die opgewondenheid van die Darwinistiese polemiek en het sy mediese praktyk bloot gebruik as 'n inkomste terwyl hy op soek was na feite wat verband hou met evolusie. In 1892 het hy na Australië vertrek om primitiewe lewende soogdiere te bestudeer, maar na sy huwelik met Mary Baird Baillie het hy in 1896 na Brittanje teruggekeer. Die volgende jaar het hy na Suid-Afrika vertrek aangesien die versamelings deur Andrew Geddes Bain en later deur prof H G Seeley getoon het dat die soogdieragtige reptiele van die Karoo meer lig op evolusie sou werp.
As 'n entoesiastiese fossieljagter, het hy hom in 1900 by Pearston gevestig, maar die Tweede Vryheidsoorlog (1899 - 1902) was ongunstig vir 'n mediese praktyk en fossieljag en daarom het hy professor van dierkunde en geologie by die Victoria Kollege (nou die Universiteit van Stellenbosch) geword. Gedurende sy ses jaar vanaf 1903, het hy ongeveer 'n derde van die 300 referate en monografieë geskryf wat hy deur die eerste helfte van die eeu gepubliseer het. Dit het gehandel oor elke soogdieragtige reptiel wat hy en ander in Suid-Afrika ingesamel het.
Sy Croonian Lesings aan die Royal Vereniging van Londen oor die oorsprong van soogdiere in 1913 het getoon dat hierdie groot groep fossielreptiele wat baie amper verwant is, feitlik die hele denkbare anatomiese gaping tussen die vroegste oerreptiele en die vroegste soogdiere volgestaan het. Hy het volgehou met fossielreptielstudies toe hy distriksgeneesheer by [[Douglas]] was (1916-17) en later by [[Bothaville]] (OVS) en [[Leeudoringstad]] (Tvl) gepraktiseer het tot die regering in 1934 'n spesiale pos vir hom by die Transvaal Museum, Pretoria geskep het.
In 1936, op die ouderdom van 70, naby Krugersdorp en daarna by Kromdraai en Swartkrans ook aan die Witwatersrand, het hy fossieloorblyfsels van honderde australopitesene wesens gevind wat nou, saam met Australopithecus, algemeen erken word as die mees primitiewe mens bekend. Hierdie ontdekkings, asook die werk wat deur die Leakeys in Oos-Afrika gedoen is, het gehelp om Europese en Noord-Amerikaanse wetenskaplikes te oortuig dat die oorsprong van die mens inderdaad in Afrika gevind kon word. Met Schepers en later Robinson se hulp het Broom uitstekende boeke oor die fossielaapmense van Suid-Afrika gepubliseer.
Robert Broom is op 6 April 1951 in Pretoria oorlede. Jan Smuts se opmerking in 1948 het die waarde van Broom se bydrae tot paleontologie in Suid-Afrika opgesom: "Elke Suid-Afrikaanse wetenskaplike voel meer trots deur Robert Broom. Elke Suid-Afrikaner voel belangriker deur sy toedoen."
14 589

wysigings