Verskil tussen weergawes van "Kersfees"

1 543 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
Wysigings deur 77.60.220.35 teruggerol na laaste weergawe deur DragonBot
k (Wysigings deur 77.60.220.35 teruggerol na laaste weergawe deur DragonBot)
Volgens Lukas het Maria ontdek dat sy swanger was deur die ingryping van die Heilige Gees sonder dat sy ooit [[omgang]] gehad het. Kort daarna het sy en haar man Josef hul huis in Nasaret verlaat om na Josef se stamvaders se tuiste, Betlehem, te gaan. Hulle het gereis met die doel om in te skryf vir die sensus wat deur die Romeinse keiser, [[Romeinse keiser Augustus|Augustus]], beveel is. Ná hulle geen kamer by die herberge in die dorp kon vind nie, het hulle in 'n stal oorgeslaap. Daar het Maria geboorte gegee aan Jesus en lê hom neer in 'n krip. Christus se geboorte in Betlehem, die huis van Dawid waarvan Josef 'n afstammeling was, het volgens Christene dan die profesie van Isak vervul. In Mattheus se weergawe van gebeure was die gesin oorspronklik van Betlehem en is Jesus gebore in 'n meer beskutte omgewing voordat die gesin na [[Egipte]] gevlug het om van die moorddadige verwoesting deur die plaaslike [[Koning Herodus]] te ontvlug wat die gerugte gehoor het van die aankoms in Betlehem van 'n mededinger tot die ''koningskap''. Mattheus vertel dat toe Jesus en sy gesin na Israel teruggekeer het, hulle hulself in Nasaret gevestig het waar hulle geglo het hulle 'n meer anonieme bestaan kon voer.
 
===Die drie wyse manne en die "Ster van Bethlehem"===
Ander aspekte rondom die geboorte van Christus wat vanuit die evangelies na Christen-oorlewering oorgedra word is die besoek deur die [[drie wyse manne]], en die aankondiging van Jesus se geboorte aan skaapherders in die nabyheid. Soos die wyse manne het hulle ook 'n reuse ster direk bo Betlehem waargeneem en dit gevolg tot by die geboorteplek. Die wyse manne het uit die ooste gekom en daar word gesê dat hulle geskenke gebring het wat ''goud, wierook en mirre'' ingesluit het.
 
Sterrekundiges het met wisselvallige sukses probeer om die naspeurbare sterrekundige gebeure te gebruik om die verskyning van die ster-rasioneel te verduidelik. Alhoewel die "Ster van Betlehem" deesdae meestal as 'n komeet uitgebeeld word (sommige deskundiges het vroeër vermoed dat die evangeliste na Halley se komeet verwys het toe hulle die reusester beskryf het en beslis ook omdat hierdie soort "ster" met sy stert meer geskik is vir dekorasiedoeleindes), het baie wetenskaplikes, waaronder ook die sterrekundige Johannes Kepler in [[1603]], ontdek dat in die jaar [[7 v.C.]] - een van die waarskynlike geboortejare van Jesus - danksy 'n buitengewone sterrekonjunksie die twee reuseplanete [[Saturnus (planeet)|Saturnus]] en [[Jupiter (planeet)|Jupiter]] dig by mekaar teen die naghemel sigbaar was en soos 'n reusester gelyk het.<ref>Pröse, Tim: ''Weihnachtsgeschichte. Die Geburt Christi aus heutiger Sicht: von Magiern, Ausgestoßenen und einer Geliebten''. In: FOCUS nommer 52, 22 Desember 2007, bl. 108-109</ref>
== FIJNE KERST =D ==
 
===Historisiteit===
1 549

wysigings