Verskil tussen weergawes van "Airbus"

19 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
k (robot Bygevoeg: uk:Airbus)
Gedurende die daaropvolgende spesifikasiebepalingsfase toon gesprekke met lugrederye spoedig aan dat die spartaanse gemak spesifikasies nie aanvaarbaar is nie. Die herspesifikasie van die vliegtuig om passasiers gemak te verbeter het tot vermeerdering in gewig en prys van die vliegtuig gelei. Die bedryfskoste per passasier wat ooreengekom is kon net gehaal word deur groter kapasiteit, wat weer sterker enjin sou benodig. Die nuwe spesifikasies sou slegs haalbaar wees met met die beplande RB207 wat die programontwikkeling geheel en al afhanklik van [[Rolls-Royce plc|Rolls-Royce]] en die Britse regering sou maak.<ref name =CHEAR/>
 
In die maandetwee najaar wat op die ooreenkoms gevolg het, het beide die Franse en Britse regerings hulle twyfel oor die vliegtuigprojek uitgespreek.{{feit}} . Teen die begin van [[1969]] is die projek byna as doodgebore beskou en was dit slegs die Duitse vennote wat nog aan die samewerking geklou het. Die Britte het nie vertroue in die Franse owerhede en industrie gehad nie. In Frankryk is die projek geaffekteer deur die onrus van 1968 en die Franse regering was reeds tot die Concorde projek en Dasualt se Mercure verbind. Die nuwe president van Sud Aviation, Henri Ziegler, het egter nie die sentiment gedeel nie en was vasberade om die uitdaging aan te pak. In die lente van 1968 poog Roger Béteille, in samewerking met Jean Forestier om 'n oplossing te vind vir die probleem van 'n A300 toegerus met die RB207 enjin. Hulle loods 'n projek wat een van die enjins wat vir die Amerikaanse projekte ontwerp is (JT9D, CF6 of RB211) kon gebruik deur die dimensies van die vliegtuig met 'n faktor 0,9 te verminder waarmee die kapasiteit teruggebring word na 250 sitplekke; wat aanleiding gee tot die geheime A250 kodenaam vir die projek. Deur Ziegler se toedoen het die Franse en Britse venootmaatskappye, [[Sud Aviation]] en [[Hawker Siddeley]], die voorstel vir die aangepaste 250 sitplek konfigurasie Airbus ontwikkel. Op [[10 Desember]] 1968 word die projek as die A300B aan die amptenare van die drie regerings aangebied. Slegs die Britse owerheid verwerp die inisiatief en, in wat as vertragingstaktiek beskou is, word die BAC311 in deur hulle in die gesprek gebring. Die projek word hierna as 'n Franse-Duitse samewerking onderneem.<ref name =CHEAR/>
 
Na 'n laaste poging van die Franse minister Jean Chamant om Brittanje by die Airbus program betrokke te hou, bevestig die Britse minister Wedgwood Benn finaal Brittanje se ontrekking uit die Airbus program op [[10 April]] 1969 en verklaar dat die land wil fokus op die ontwikkeling van die ontwikkeling van die RB211 enjin wat vir die L-1011 program ontwikkel sou word. Op [[29 Mei]] 1969 teken die Franse Minister van Vervoer, Jean Chamant, en die Duitse Minister van Ekonomie, Karl Schiller, by die Paryse lugskou in 'n maket van die A300B se romp 'n ooreenkoms tussen die regerings vir die ontwikkeling van die Airbus A330B. Die teks van die ooreenkoms is vervolgens deur die maatskappypresidente Henri Ziegler van Sud Aviation en Bernhart Weinhardt van Deutsche Airbus geparafeer.<ref name =CHEAR/>
21 705

wysigings