Suikers: Verskil tussen weergawes

3 grepe bygevoeg ,  13 jaar gelede
k
→‎Monosakkariede: Fout raakgesien
k (→‎Soetheid: Fout raakgesien)
k (→‎Monosakkariede: Fout raakgesien)
Monosakkariede kan nie verder afgebreek word deur middel van hidrolise nie en bevat 'n enkele ketting van koolstofatome. Hulle benamings het meestal die agtervoegsel -ose en 'n voorvoegsel wat van Griekse telwoorde afgelei is en die lengte van hul koolstofketting aandui - trioses, tetroses, pentoses, heksoses en heptoses bevat sodoende onderskeidelik drie, vier, vyf, of sewe koolstofatome.
 
Monosakkariede, wat algemeen in die natuur voorkom, sluit heksoses (C<sub>6</sub>H<sub>12</sub>O<sub>6</sub>, waaronder ook [[glukose]]) en pentoses (C<sub>5</sub>H<sub>10</sub>O<sub>5</sub>, waaronder xilose) in. Daar is 'n groot aantal isomere van hierdie suikers, waarvan die name dikwels ook hul oorsprong of eienskappe aandui: Fruktose kom in die natuur in vrugte voor, arabinose in die plantekstrak Arabiese gom en xilose ('n pentose) in hout.
 
==Disakkariede==