Verskil tussen weergawes van "Westerse Skisma"

k
k (→‎Eksterne Skakels: verwyder spasie)
 
==Einde==
Uiteindelik kry die konsilie van ConstanceKonstanz in [[1415]] dit reg, met die hulp van die keiser van die [[Heilige Romeinse Ryk]], om die twee teenpouse [[Teenpous Johannes XIII]] en [[Teenpous Benedictus XIII]] af te set en die pous in Rome [[Pous Gregorius XII]] te laat bedank. Die konsilie verkies toe [[Pous Martinus V]] as die nuwe en enigste pous. Benedictus het hom egter nie sommer laat af set nie en na sy dood verkies sy aanhangers [[Teenpous Clemens VIII]], maar hy het nie veel aanhangers oorgehou toe die koning van Aragon, Alfonso V, hom by Pous Martinus skaar. Self na die dood van Clemens word [[Teenpous Benedictus XIV]] verkies om die Avignon pousdom voort te sit. In [[1467]] loop die skeuring egter heeltemal dood.
 
Die [[Rooms-Katolieke Kerk]] erken slegs die pouse van Rome as wettige pouse. Die pouse van Avignon en Bologna word dus as teenpouse beskou. Ook is later vasgestel dat die konsilie geen mag het oor die pous nie en dat ‘n pousverkiesing slegs deur die pous self ongedaan gemaak kan word.