Verskil tussen weergawes van "Dialek"

36 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
===Maatskaplik-Politiese oorwegings===
 
'n Ander soort kriterium wat gebruik kan word om te bepaal of 'n variëteit 'n taal of 'n dialek is, is die maatskalike of politiese eenheid van die spraakgemeenskap onderbeskouing. 'n belangrike voorbeeld in die konteks is die [[Noord-Germaans]]e tale [[Sweeds]], [[Noors]] en [[Deens]] wat in die nasiestate [[Swede]], [[Noorweë]] en [[Denemarke]] gepraat word. Hierdie tale is nou verwant en sprekers van die onderskeie tale kan geredelik met mekaar kommunikeer sonder om die ander se taal aan te leer. Volgens suiwer taalkundige oorwegings behoort dit dan as dialekte van een taal beskou te word, maar die tale, wat ook amptelike tale van die onderskeie lande is, vorm elkeen 'n hegte maatskaplike en politiese eenheid, die talke het verskillende spellingkonsvensies en hulle eie letterkundige tradisies.<ref name=Gasser/>
 
Die teenoorgestelde word in [[Japan]] opgemerk waar die ouer generasie wat op die [[Ryukyu Eilande]] woon se spraakvariëteit op grond van onderlingeverstaanbaarheid in verskeie tale verdeel sou kon word. Die variëteite word egter almal as dialekte van [[Japanees]] beskou as gevolg van die politieke eenheid van Japan, net soos wat die dialek wat in [[Osaka]] gepraat word as 'n dialek van Japanees gesien word.<ref name=Gasser/>
 
==Verwysings==
21 705

wysigings