Verskil tussen weergawes van "Kuruman"

28 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
k
robot Bygevoeg: it:Kuruman; cosmetic changes
k (robot Bygevoeg: nl:Kuruman)
k (robot Bygevoeg: it:Kuruman; cosmetic changes)
Die sendingstasie is in [[1821]] deur eerw. [[Robert Moffat]] (1795-1883), 'n boorling van Ormiston in [[Skotland]], en sy vrou Mary van die Londense Sendinggenoootskap gestig. Die Moffats het hulle hier gevestig om uiteindelik vyftig jaar lank onder die Tswanas te werk. Die dorp Kuruman het in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom. Een van die bekende bakens hier is die Oog van Kuruman, 'n fontein (en sedert die jaar 1992 ook 'n nasionale monument) wat 'n volle 20 miljoen liter water per dag lewer in die middel van die halfwoestyn. Kuruman staan derhalwe ook bekend as die "Oase van die Kalahari".
 
== Geskiedenis ==
Die gebied van Kuruman was oorspronklik die hoofsetel van die sogenaamde Woestynboesmans wat hier oor 'n tydperk van 12 000 jaar gewoon het. Die dorpsnaam is volgens 'n ou Tswana-legende afgelei van Khudumaan, 'n leier van die Boesmans. Na bewering het hy sy heilige plek in die klein bakkrans, waar die tweelingkoppe Gamohaan en Khudumaan in die noorde van die Kurumanheuwels bymekaarkom, ingerig.
[[BeeldLêer:Robert Moffat.jpg|thumb|right|200px|Robert Moffat]]
Die eerste blanke, wat hom omstreeks 1800 in die gebied gevestig het, was die sendeling Johan Kok van die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap. Hy is agt jaar later deur Tswanas in die Kurumanheuwels vermoor sodat die poging om 'n permanente sendingstasie te vestig voorlopig gestaak is.
 
In 1987 het Kuruman sy honderdste bestaansjaar gevier.
 
== Klimaat ==
Vanweë sy ligging in 'n halfwoestyngebied, wat aan die Kalahari grens, word Kuruman se klimaat deur groot temperatuurverskille tussen somer en winter gekenmerk. In die winterseisoen daal die kwik gereeld tot benede vriespunt, terwyl in die somertyd temperature bokant 40 °C aangeteken word. Noordelike en noordoostelike winde voer tussen Desember en April vogtige lug in. Die jaarlikse reënval beloop 420 millimeter.
 
== Ekonomie ==
Mynbou en landbou vorm die ekonomiese basis van die gebied. Kuruman het veral in die periode tussen 1955 en 1965 vinnig ontwikkel toe met die ontginning van die ryk mineraalafsettings in die gebied - waaronder mangaan- en ystererts - begin is. Die rykste afsettings van blou-asbes of krosidoliet ter wêreld kom eweneens hier voor.
 
Toerisme en wildboerdery is ander belangrike bronne van inkomste. Alhoewel beesboerdery die streek se tradisionele landboubedryf is, het wildboerdery weens die droogte al sedert die 1980's vinnig toegeneem. Die gebied spog met van die grootste jaggebiede in Suid-Afrika.
 
== "Die Oog" van Kuruman ==
[[BeeldLêer:The Eye (Kuruman).jpg|thumb|right|250px|Die Oog van Kuruman]]
Die "Oog van Kuruman" in die dorp se hoofstraat is 'n natuurwonder en ook die rede vir die dorp se bestaan. Hierdie fontein, wat uit 'n dorre dolomietrots aan die voet van die Kurumanheuwels ontspring, lewer daagliks sowat twintig miljoen liter vars water op en voorsien sodoende in Kuruman se huishoudelike en nywerheidsverbruik.<ref>Claassen (1987), bl. 15</ref> 'n Plaaslike legende lui "hy wat een maal van die oog se water gedrink het, kom altyd weer terug om sy dors te les".<ref>Claassen (1987), bl. 17</ref>
 
Die sendeling Robert Moffat het een van die eerste besproeiingswerke in die land aangelê deur twee kanale van die "oog" af te bou om meer as 250 hektaar landbougrond in die vallei te besproei.
 
== Verwysings ==
{{reflist}}
 
== Bronne ==
* [http://world-gazetteer.com/wg.php?x=&men=gcis&lng=en&des=wg&geo=-245&srt=npan&col=abcdefghinoq&msz=1500&pt=c&va=x World Gazetteer]
 
{{Koördinate|27|27|35|S|23|24|45|E|region:ZA-NC_type:city_source:dewiki|display=title}}
[[de:Kuruman]]
[[en:Kuruman, Northern Cape]]
[[it:Kuruman]]
[[nl:Kuruman]]
[[no:Kuruman]]
47 694

wysigings