Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

===Unidade Real de Valor===
 
Die Unidade Real de Valor in Brasilië was ´'n voorbeeld van die eerste model.
 
Dit was besef dat hiperinflasie die koopwaarde van geld vernietig. ´'n Konstante koopwaarde rekeningkunde model is dus ontwerp om die koopwaarde van all nie-monetêre items in ´'n hiperinflasionistiese ekonomie te behou. Dit is bereik deur die gebruik van ´'n bestendige nie-monetêre waarde eenheid as ´'n indeks eenheid. Brasilië het die Unidade Real de Valor vir hierdie doel ontwikkel. Hulle het indeks eenhede gedurende die 30 jaar vanaf 1964 tot 1994 gebruik. Met die Unidade Real de Valor het hulle uiteindelik hulle hiperinflasie oorkom.
 
Die Unidade Real de Valor was ´'n baie unieke nie-monetêre indeks. Dit het twee komponente gehad. Dit was ´'n nie-monetêre indeks gedurende die lewe van die Unidade Real de Valor en aan die einde is dit in hulle nuwe geld eenheid verander - die Real, naamlik, ´'n monetêre eenheid. Die finale tweede komponent is nie ´'n algemene komponent nie. Dit was uniek in Brasilië gewees. Dit is nie ´'n noodwendige deel van ´'n nie-monetêre indeks nie. Die VSA Dollar kan ook as ´'n baie goeie direkte nabootsing van ´'n nie-monetêre indeks in ´'n chaotiese hiperinflasie ekonomie soos Zimbabwe gebruik word.
 
URV´'s was in Cruzeiros Reais gekwoteer. Die URV se intrinsieke waarde was aan drie prys indekse gekoppel en het ´'n vasste kwoteering van 1-tot-1 met the VSA Dollar gehad. Die wisselkoers tussen die URV en die Cruzeiro Real was daagliks deur die regering herbereken en gepubliseer.
Alle nie-monetêre items het URV en Cruzeiro Real pryse gehad, maar betalings was slegs in Cruzeiros Reais.
 
15 452

wysigings