Verskil tussen weergawes van "Rekenaardrukker"

49 grepe verwyder ,  11 jaar gelede
k
robot Verwyder: tr:Yazıcı; cosmetic changes
k (robot Bygevoeg: oc:Estampadoira)
k (robot Verwyder: tr:Yazıcı; cosmetic changes)
'n '''Rekenaardrukker''' of meer algemeen na verwys as 'n '''drukker''' is 'n toestel wat 'n harde kopie skep (permanente menslik leesbare [[teks]] en/of [[grafika]] vanaf dokumente in elektroniese vorm gewoonlik op fisiese media soos [[papier]] of [[transpirant]]e). Baie drukkers word hoofsaaklik gebruik as [[randtoestel]]le vir [[rekenaar]]s en word gewoonlik direk aan die rekenaar verbind en dien as bron vir gedrukte dokumente vir die gebruiker daarvan. Ander drukkers bekend as netwerkdrukkers het 'n ingeboude [[rekenaarnetwerk|netwerk-koppelvlak]] (tipies 'n [[Ethernet]] netwerk) en kan dien as 'n bron van gedrukte dokumente vir al die gebruikers wat aan die netwerk verbind is. Verder kan baie moderne drukkers direk verbind word met elektroniese media soos [[geheuestokkie]]s of [[geheuekaart]]e of aan beeldopname toerusting soos [[digitale kamera]]s en [[skandeerder]]s, terwyl ander drukkers gekombineer word met 'n skandeerders en/of 'n [[faksmasjien]] om 'n enkele eenheid te vorm. 'n Drukker wat met 'n skandeerder gekoppel is kan dan ook as 'n [[fotokopieërder]] dien.
 
Drukkers wat ontwerp word vir lae volume, korte duur drukwerk; vereis bykans geen opsteltyd vir die maak van 'n gedrukte kopie van 'n gegewe dokument nie. Drukkers is egter oor die algemeen stadige toestelle (10 bladsye per minuut word as vinnig beskou; en baie drukkers vir die gewone gebruiker is selfs baie stadiger as dit) en die koste per bladsy is relatief hoog. In teenstelling daarmee word 'n tipiese [[drukpers]] (wat dieselfde funskie dien) ontwerp en geoptimiseer om hoë volume drukwerk soos [[koerant]]e te doen en is in staat om honderde bladsye per minuut te druk en die drukkoste per eksemplaar is gewoonlik maar 'n fraksie van 'n gewone rekenaardrukker. Die drukpers bly dus daarom die mees geskikte masjien vir hoë volume, proffesionele drukwerk. Rekenaardrukkers se kwaliteit het egter die afgelope paar jaar met rasse skrede verbeter en word baie drukwerk deesdae op lokale drukkers gedoen wat voorheen slegs deur professionele [[drukkery]]e gedoen is.
 
Die wêreld se eerste rekenaardrukker was 'n negentiende eeuse meganies aangedrewe toestel wat deur [[Charles Babbage]] ontwerp is vir sy [[Difference Engine]].
[[BeeldLêer:Epson-inkjet-printer.jpg|thumb|205px|'n [[Epson]] inkstraaldrukker]]
 
== Drukkertegnologie ==
 
Drukkers word gereeld geklassifiseer volgens die onderliggende drukkertegnologie wat ingespan word en daar bestaan verskeie tegnologieë wat oor die jare ontwikkel is. Die keuse van druktoestel het 'n beduidende impak op die drukwerk waarvoor die drukker geskik is, aangesien die verskeie tegnologieë verskil ten opsigte van die kwaliteit, drukspoed, koste en geraasvlakke waartoe hulle in staat is. Verskeie drukkers is byvoorbeeld ook ongeskik vir sekere fisiese media (soos byvoorbeeld [[kladpapier]] of [[transpirant]]e).
 
=== Moderne drukkertegnologie ===
 
Die volgende drukkertegnologieë word gereeld in moderne rekenaardrukkers aangetref (met ingang Julie 2006):
==== Inkpoeier gebaseerde drukkers ====
 
Inkpoeier gebaseerde drukkers werk op dieselfde manier as baie [[fotokopieërder]]s deur die [[inkpoeier]] aan die medium te laat klou. Die mees algemene drukker van hierdie soort is die [[laserdrukker]] wat 'n [[laser]] gebruik om 'n inkbeeld op 'n fotosensitiewe drom vas te lê, wat dan na die medium oorgedra kan word. Laserdrukkers is bekend vir hulle hoë kwaliteit drukwerk, goeie drukspoed en lae koste per eksemplaar en word dikwels gebruik vir algemene drukwerk in kantore. Hulle word egter minder deur gebruikers aangekoop vanweë hul hoër aanvanklike koste.
 
Laserdrukkers is beskikbaar in beidie kleur- en monochroom variante.
'n Ander inkpoeier gebaseerde drukker is die [[LED-drukker]] wat 'n matriks [[LED]]s gebruik in plaas van 'n laser om die beeld op 'n fotosensitiewe drom vas te lê.
 
==== Vloeibare inkdrukkers ====
 
[[Inkstraaldrukker]]s [[atomisering|sproei]] baie klein, presiese hoeveelhede [[ink]] op die media. Inkstraaldrukwerk is die mees algemene drukkers wat gewone verbruikers gebruik aangesien hulle goedkoop is om te vervaardig. Byna al die moderne inkstraaldrukkers kan kleurdrukwerk doen, terwyl sommiges wat bekend staan as [[fotodrukker]]s ekstra pigmente bevat om die beter kleurskakerings te lewer wat benodig word vir hoë kwaliteit fotografiese drukwerk (en is ook daartoe in staat om op dukker fotografiese karton te druk in plaas van gewone kantoorpapier).
 
Inkstraaldrukkers se werking berus op klein gaatjies wat baie klein inkborrels kan vorm wat dan uiteindelik as klein druppels ink op die papier gespuit word. Inkstraaldrukkers kan hoë kwaliteit teks- en grafiese drukwerk verrig. Hulle werk ook oor die algemeen baie stil en hulle aanvanklike koste is baie laer as laserdrukkers, met die nadeel dat die uiteindelike koste per eksemplaar baie duurder is, aangesien die ink gereeld vervang moet word. Verder volg die vervaardigers van inkstraaldrukkers 'n [[skeermes- en lemmetjies besigheidsmodel|besigheidsmodel]] soortgelyk aan dié wat deur die vervaardigers van [[skeermes]]se gebruik word; waar die drukkers dikwels teen minder as die vervaardigingskoste verkoop word en die ink daarvoor wat dan teen 'n hoë winsgrens verkoop word. Verskeie wetlike en tegnologiese middele word gebruik om gebruikers te forseer om slegs die vervaardiger se ink aan te koop (wat dus lei tot [[verskafferafhanklikheid]]); daar is egter 'n groeiende mark vir derde party inkmodules (nuut of herwindes) asook hervulstelle.
 
Inkstraaldrukkers is ook baie stadiger as laserdrukkers. Inkstraaldrukkers het ook die nadeel dat bladsye moet droogword alvorens hulle hanteer kan word; te vroeë hantering kan daartoe lei dat die ink oor die bladsy smeer.
 
==== Termiese wasdrukkkers ====
'''Termiese inkdrukkers''' wat ook soms as '''faseveranderingsdrukkers''' bekend staan is 'n soort [[termiese drukker]]. Hulle gebruik soliede, gekleurde was-stokkies wat op die medium gesmelt word. Hulle word algemeen gebruik as kleurdrukkers in kantore en is uiters geskik vir drukwerk op media wat nie poreus is nie, soos onder andere op transpirante. Die kostes van hierdie drukkers is soortgelyk as dié van 'n laserdrukkers. Die nadele van hierdie drukkers is dat hulle kragverbruik baie hoog is. Verder is [[Xerox]] ook die enigste vervaardiger van hierdie soort drukker.
 
==== Inksublimasiedrukkers ====
 
'n '''[[Inksublimasiedrukker]]''' is 'n drukker wat hitte gebruik om die ink na die medium oor te dra. Die proses word gewoonlik in stappe gedoen waar kleure opeenvolgend op die medium neergelê word. Dié soort drukker is hoofsaaklik geskik vir die druk van hoë kwaliteit grafiese drukwerk, insluitend kleurfotos en is minder geskik vir teks.
 
== Kolmatriksdrukkers ==
[[BeeldLêer:Tandy1000HX.jpg|thumbnail|right|275px|'n [[Tandy 1000]] HX rekenaar saam met 'n Tandy DMP-133 kolmatriksdrukker.]]
Baie drukkers maak oor die algemeen staat op 'n [[matriks]] van [[piksel]]s of kolle wat saam 'n groter beeld vorm. Die term kolmatriksdrukker word egter gereserveer vir impakdrukkers wat 'n matriks pennetjies gebruik om die kolle te vorm. Die voordeel van kolmatriksdrukkers bo ander impakdrukkers is dat hulle [[grafika|grafiese]] beelde asook teks kan lewer.
 
Kolmatriksdrukkers kan breedweg in twee hoofkategorieë verdeel word:
Kolmatriksdrukkers kan óf karakter- (soos 'n [[tikmasjien]]) óf lyngebaseerd (d.w.s. 'n enkele reeks horisontale piksels oor die blad se wydte) wees, na gelang van die manier waarop die [[drukkerkop]] saamgestel is.
 
Eens op 'n tyd was kolmatriksdrukkers die mees algemene soort drukker in algemene gebruik. Sulke drukkers het gewoonlik 9 of 24 penne op die drukkerknop bevat. Die 24-pen drukkerkoppe kon 'n hoër kwaliteit drukwerk lewer. Hierdie drukker is egter grootliks met inkstraaldrukkers vir algemene gebruik vervang.
 
Sommige kolmatriksdrukkers, byvoorbeeld die NEC P6300, kan opgegradeer word om in kleur te druk. Dit word bewerkstellig deur 'n vierkleur lint wat op die eenheid aangebring kan word. Kolmatriksdrukkers word steeds in lae koste, lae kwaliteitstoepassings benut (soos in [[kasregister]]s of vir baie hoë volume drukwerk soos die druk van fakture).
 
== Termiese Drukkers ==
 
Termiese drukkers se werking berus op die verhitting van sekere gebiede op spesiale papier wat sensitief en ten opsigte van hitte. Hierdie drukkers word beperk tot spesiale doeleindes soos kasregisters en faksmasjiene.
 
== Pengebaseerde plotters ==
 
'n '''Plotter''' is 'n [[vektor grafika]] druktoestel waarvan die werking berus op die beweging van 'n pen oor die oppervlak van die papier. Plotters was (en word steeds) gebruik vir toepassings soos [[rekenaargesteunde ontwerp]], maar word vinnig deur wye formaat konvensionele drukkers vervang. Daar word dikwels na sulke wye formaat drukkers as ''plotters'' verwys al is die gebruik van die term vir sulke drukkers tegnies verkeerd.
 
== Eksterne skakels ==
[[sv:Skrivare]]
[[th:เครื่องพิมพ์]]
[[tr:Yazıcı]]
[[uk:Принтер]]
[[ur:مطبعہ]]
47 698

wysigings