Verskil tussen weergawes van "Epiteelweefsel"

28 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
robot Bygevoeg: io:Epitelio; cosmetic changes
k (robot Verander: eu:Epitelio)
k (robot Bygevoeg: io:Epitelio; cosmetic changes)
'''Epiteelweefsel''' is [[weefsel]] wat bestaan uit [[sel]]le kenmerkend styf teen mekaar gerangskik met min [[tussenmateriaal]] (tussenstof) en feitlik geen [[tussenselruimte]]s nie. Epiteelweefsel kom in een of meer sellae voor. Volgens die getal selle waaruit dit bestaan, word epiteelweefsel verdeel in twee groepe, naamlik [[eenvoudige epiteel]] (een laag selle) en [[saamgestelde epiteel]] (meer as een laag selle). Die vernaamste soorte epiteelweefsels is [[plaveiselepiteel]], [[kubusepiteel]], [[kolomepiteel]], [[wimperepiteel]] en [[klierepiteel]]. Die epiteelweefsel beskerm daardie dele waar dit voorkom. In byvoorbeeld die vel beskerm dit die sagter dele wat daaronder geleë is en help dit ook om skadelike [[kiem]]e uit te hou. As kliere sekreteer epiteel stowwe soos spysverteringsensieme en [[hormoon|hormone]], en ekskreteer dit stowwe soos [[sweet]], en help dit ook met die vorming van [[urien]] in die [[nierbuisie]]s. Epiteel voorkom wrywing in byvoorbeeld die [[bloedvat]]e. Dit help ook om vreemde voorwerpe soos stofdeeltjies, wat in die luggange beland, na buite te voer. Verder het dit 'n absorberende funksie in byvoorbeeld die [[maag]], [[dunderm]] en die nierbuisies. In [[sintuig]]organe soos die [[oog]] en [[oor]], help dit om sekere prikkels op te vang. Epiteel help ook om die diffusie van [[gas]]se en [[vloeistof|vloeistowwe]] te vergemaklik in byvoorbeeld die [[long]]e en [[haarbloedvat]]e.
 
== Plaveiselepiteel ==
[[Plaveiselepiteel]] bestaan uit 'n enkele laag dun, groot, plat [[sel]]le wat soos vloerteëls langs mekaar gepak is in die vorm van 'n [[mosaïekpatroon]]. Plaveiselepiteel kom in die wande van [[longsakkie]]s voor en voer [[bloedvat]]e aan die binnekant uit. Ook die [[mond]], [[slukderm]] en [[vagina]] is daarmee uitgevoer.
 
== Kubusepiteel ==
[[Kubusepiteel]] is epiteelselle met 'n kubiese voorkoms, dit wil sê hulle is min of meer net so lang soos hulle breed is. Van bo gesien, lyk hulle egter veelkantig, heel dikwels met ses kante. Kubusepiteel kom in [[klier]]e soos die [[skildklier]] voor en voer ook die [[nierbuisie]]s uit.
 
== Kolomepiteel ==
[[Kolomepiteel]] of silinderepiteel is in 'n lengtesnid suilvormig of kolomvormig, dit wil sê hulle is langer as wat hulle wyd is. Kolomepiteel voer die [[maag]] en die [[dunderm]] uit.
 
== Wimperepiteel ==
[[Wimperepiteel]], trilhaarepiteel of gesilieerde kolomepiteel is epiteel wat hoofsaaklik bestaan uit 'n enkele laag suilvormige [[kolomepiteel]]selle met 'n menigte [[silia]] (wimperhaartjies) op die vry punt van elke sel. Die silia voer gedurig golfbewegings in 'n bepaalde rigting uit. Op hierdie wyse word byvoorbeeld stofdeeltjies wat in die voeringlaag van die respirasiegange belang, voortbeweeg om uiteindelik saam met die slym deur die keelopening uitgewep te word. Die voortbeweging van 'n [[eiersel]] (ovum) in die [[eierleier]] (oviduk) word ook op hierdie manier teweeggebring.
 
== Klierepiteel ==
[[Klierepiteel]] bestaan uit kubusepiteel of [[kolomepitee]] wat die vermoë besit om stowwe soos slym, [[hormoon|hormone]], spysverteringsensieme, [[melk]] en [[was]], te sekreteer. In sy eenvoudigste vorm bestaan dit uit kolomepiteel wat gewysig is tot sogenaamde [[bekersel]]le wat gedurig slym afskei en sodoende die oppervlak wat met hierdie kolomepiteelselle uitgevoer is, altyd slymerig en vogtig te hou, byvoorbeeld in die respirasiegange. Kubusepiteel kan ook gerangskik wees om 'n meersellige, eenvoudige [[klier]] te vorm, byvoorbeeld die vetkliere van die [[vel]], of dit kan uit baie selle bestaan om 'n meersellige, saamgestelde klier te vorm, byvoorbeeld 'n [[skildklier]].
 
== Bronne ==
*''Senior Biologie'', Du Toit, Van Rensburg, Du Toit, Botha, Van der Merwe, Volschenk, Van der Westhuyzen, De Kock, Niebuhr. Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk, 1989.
 
[[hr:Epitelno tkivo]]
[[id:Jaringan epitel]]
[[io:Epitelio]]
[[it:Tessuto epiteliale]]
[[ja:上皮細胞]]
47 775

wysigings