Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:Sentech_Tower.jpg|thumb|right|100px|Vanuit die [[Sentech-toring]] in Johannesburg is Suid-Afrika se eerste stereo-FM-radioprogram uitgesaai]]Die '''Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie''' ('''SAUK''', [[Engels]]: '''South African Broadcasting Corporation''', '''SABC''') is in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Uitsaaiwet van 1936 as [[Suid-Afrika]] se nasionale uitsaaidiens op [[1 Augustus]] [[1936]] gestig.
 
Reeds voor die totstandkoming van die SAUK was daar pioniers op die gebied van radiokommunikasie. Die Suid-Afrikaanse ingenieur [[dr. Hendrik van der Bijl]], wat navorsing by die ''American Telephone and Telegraph Company (ATT)'' in die [[Verenigde State]] doen, slaag in [[1915]] daarin om 'n toetsuitsending van [[New York Stad]] na die [[Eiffeltoring]] in die [[Frankryk|Franse]] hoofstad [[Parys]] te doen.
 
Danksy die Amerikaanse maatskappy ''Western Electric'', wat die nodige tegniese ondersteuning voorsien het, begin die Suid-Afrikaanse Spoorweë op [[29 Desember]] [[1923]] met die eerste toetsuitsendings van radiokonserte vanuit [[Johannesburg]]. Die Spoorweë se radiostasie is op [[1 Julie]] [[1924]] deur die Wetenskaplike en Tegniese Klub (''Scientific and Technical Club'') van Johannesburg oorgeneem.
15 452

wysigings